26/10/2025
Welkom- familie, vriende en julle vriende!
Ons probeer soveel as moontlik fotos opsit so deur ons kindertjies en die daaglikse lewe. Nie alle fotos gaan pryse op hê nie, maar ten minste gaan julle 'n idee kan kry van wat daar is. Daar is net TE veel om fotos van te neem- en soos enige ander mamma, is ons tyd beperk. Ons fokus nou eerder om alles te prys, betyds vir die 6de Desember.
Daar is ook baaaie items wat meer gedra is en laag geprys gaan wees, maar ons gaan nie tyd kry om fotos daarvan op te sit nie.
Bring asb n swartsak en jou waterbottel saam 🤭
Hier is plek om aan te pas.
Ons twee sien uit om julle te sien- onthou asb om daardie Donderdag te RSVP (Dit sal ons help om te weet of ons 10 of 100 mense moet verwag 😂)
Liefde ❤️
Ilodi en Anine