Valhalla. Leef Legendaries.

Valhalla. Leef Legendaries. T-hemde wat fokus op Suid-Afrikaanse legendes & geskiedenis. Geïnspireer deur 1652. Leef legendaries!

T-hemde wat fokus om Suid-Afrikaanse geskiedenis & kultuur op 'n suave, verfrissende manier uit te beeld, sonder om prekerig of polities te wees.

31-05-1902 🇿🇦“TOT DIE BITTERE EINDE.”Op hierdie dag in 1902 is die Treaty of Vereeniging onderteken, waarmee die Tweede ...
31/05/2026

31-05-1902 🇿🇦

“TOT DIE BITTERE EINDE.”

Op hierdie dag in 1902 is die Treaty of Vereeniging onderteken, waarmee die Tweede Anglo-Boereoorlog ná bykans drie jaar tot ’n einde gekom het.

Die vredesonderhandelinge het in Vereeniging plaasgevind, terwyl die finale verdrag in Melrose House in Pretoria onderteken is — destyds die hoofkwartier van die Britse magte.

Met die ondertekening het die Boererepublieke hul onafhanklikheid verloor en deel van die Britse Ryk geword.

Onder die Boere-afgevaardigdes was figure soos:

• Schalk Willem Burger
• Francis William Reitz
• Louis Botha
• Koos de la Rey
• J. B. M. Hertzog
• Christiaan de Wet

Die Britse Ryk is verteenwoordig deur Herbert Kitchener en Alfred Milner.

Die oorlog het Brittanje astronomiese bedrae gekos, maar die werklike prys van oorlog word nooit net in geld gemeet nie — dit lê in die verlies van lewens, families, plase en toekomsdrome aan beide kante van die konflik.

Tydens die onderhandelinge het Jan Smuts die volgende woorde gespreek:

“Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het…”

En verder:

“Die vryheidsoorlog vir Suid-Afrika is gestry, nie alleen vir die Boere nie, maar vir die ganse volk van Suid-Afrika.”

31 Mei sou later nóg twee groot datums in Suid-Afrikaanse geskiedenis oplewer:

🇿🇦 31 Mei 1910 — die stigting van die Unie van Suid-Afrika.
🇿🇦 31 Mei 1961 — die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika.

’n Datum diep verweef met oorlog, verlies, politiek en die vorming van ’n land se geskiedenis.

29-05-1500 🌊⚓“…HIERVANDAAN NA MOSSELBAAI.”Op hierdie dag in 1500 verdrink die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias tyden...
29/05/2026

29-05-1500 🌊⚓

“…HIERVANDAAN NA MOSSELBAAI.”

Op hierdie dag in 1500 verdrink die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias tydens ’n geweldige storm naby die Kaap van Goeie Hoop.

Dias was die eerste Europeër wat suksesvol om die suidpunt van Afrika gevaar het op soek na ’n seeroete na Indië en die Ooste. In Februarie 1488 het hy voet aan wal gesit by wat hy Bahia de São Bras genoem het — die plek wat later bekend sou word as Mossel Bay.

Sy reis het tot by die Groot-Visrivier gestrek voordat sy bemanning geweier het om verder te vaar. Volgens oorlewering het Dias die Kaap oorspronklik “Cabo das Tormentas” — Kaap van Storms — genoem, alhoewel daar ook sterk aanduidings is dat hy self later die naam “Cabo da Boa Esperança” oftewel Kaap van Goeie Hoop gebruik het.

’n Dekade later sou Vasco da Gama die roete na Indië suksesvol voltooi — met Dias as een van sy adviseurs.

In 1500 sluit Dias aan by die groot ekspedisie van Pedro Álvares Cabral na Indië. Nadat hulle eers aan die kus van die huidige Brasilië aangedoen het, het die vloot weer ooswaarts gevaar.

Toe tref die storms van die Kaap.

Vier van die 13 skepe sink in die woeste waters — waaronder die skip van Bartolomeu Dias. Hy sterf op 49-jarige ouderdom in die see wat hom wêreldbekend gemaak het.

In 1988, presies 500 jaar nadat Dias by Mosselbaai geland het, het ’n replika van sy skip dieselfde roete vanaf Portugal gevaar en simbolies weer die hawe van Mossel Bay binnegevaar.

Die verhaal van Bartolomeu Dias bly een van moed, ontdekking en die ongenaakbare krag van die oseaan. 🌊

28-05-1901 🇿🇦“𝗪𝗔𝗥𝗘 𝗩𝗥𝗜𝗘𝗡𝗗𝗦𝗞𝗔𝗣 𝗞𝗘𝗡 𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗚𝗥𝗘𝗡𝗦𝗘”Op hierdie dag in 1901 het Zoeloe Koning Dinuzulu kaCetshwayo Britse instr...
28/05/2026

28-05-1901 🇿🇦

“𝗪𝗔𝗥𝗘 𝗩𝗥𝗜𝗘𝗡𝗗𝗦𝗞𝗔𝗣 𝗞𝗘𝗡 𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗚𝗥𝗘𝗡𝗦𝗘”

Op hierdie dag in 1901 het Zoeloe Koning Dinuzulu kaCetshwayo Britse instruksies geweier om teen die Boererepublieke te veg tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog.

Dinuzulu, seun van Cetshwayo kaMpande, het ná die Anglo-Zoeloe Oorlog ‘n sterk band met die Boere opgebou nadat hy hulle hulp gevra het teen sy teenstander Zibhebhu. Onder leiding van Lucas Meyer en Louis Botha het die “Dinuzulu Vrijwilligers” hom gehelp om sy koningskap te beskerm.

Hieruit het ‘n besondere vriendskap tussen Dinuzulu en Louis Botha ontstaan — ‘n band gebou op lojaliteit, respek en gedeelde stryd.

Toe Brittanje in 1901 probeer het om die Zoeloes teen die Boere in te span, het Dinuzulu geweier om sy ou bondgenote te verraai. Jare later, nadat Dinuzulu deur die Britte tronk toe gestuur is, was dit Louis Botha wat as eerste minister sy vrylating bewerkstellig het en vir hom ‘n tuiste in die Transvaal gegee het.

Dinuzulu het daar gewoon tot sy dood in 1913.

Vandag staan standbeelde van hierdie twee historiese figure steeds langs mekaar in die Botha Tuine in Durban — ‘n herinnering dat ware vriendskap geen grense ken nie. 🇿🇦

24-05-1870 🇿🇦 “JAN, JAN, JAN, DIE BIELIE VAN AKADEMIE”Op hierdie dag in 1870 word Jan Smuts gebore — ’n man wie se nalat...
24/05/2026

24-05-1870 🇿🇦

“JAN, JAN, JAN, DIE BIELIE VAN AKADEMIE”

Op hierdie dag in 1870 word Jan Smuts gebore — ’n man wie se nalatenskap veel verder gestrek het as politiek en oorlog.

Smuts was nie net ’n generaal en staatsman nie, maar ook ’n prokureur, filosoof, plantkundige en internasionaal gerespekteerde akademikus. Hy het eers op 12-jarige ouderdom formeel begin skoolgaan, matriek op 16 voltooi, en daarna aan Victoria Kollege studeer — vandag bekend as Stellenbosch University.

Sy akademiese briljantheid het hom ’n beurs na University of Cambridge besorg, waar hy regte aan Christ’s College studeer het. Daar is hy deur die bekende regshistorikus Prof. Maitland beskryf as:

“...the most brilliant student I have ever met...”

Volgens oorlewering het Albert Einstein selfs gesê dat Smuts een van slegs drie mense was wat sy Relatiwiteitsteorie werklik verstaan het.

Later sou Lord Todd, Nobelpryswenner en hoof van Christ’s College, opmerk:

“In 500 years of the College's history… three had been truly outstanding: John Milton, Charles Darwin and Jan Smuts.”

In 1948 word Smuts verkies as Kanselier van Cambridge — die eerste nie-Brit buite die Britse monargie in meer as 800 jaar om dié pos te beklee.

Met sy afsterwe het George VI geskryf:

“...the force of his intellect has enriched the wisdom of the whole human race...”

Nie te sleg vir ’n Boerseun van Riebeeck-Wes wat volgens baie nooit bestem was vir groot akademiese hoogtes nie.

Smuts bly ’n komplekse figuur in Suid-Afrikaanse geskiedenis — vir sommige ’n held, vir ander kontroversieel. Maar geskiedenis behoort nie net deur politieke agendas beoordeel te word nie. Dit moet voortdurend herbesoek, bevraagteken en vanuit verskillende perspektiewe bestudeer word sodat die volle verhaal behoue kan bly. 🇿🇦

Vandag d**k ons terug aan een van die grootste hoogtepunte in VALHALLA se geskiedenis — toe ons op Kwêla verskyn het.Dit...
22/05/2026

Vandag d**k ons terug aan een van die grootste hoogtepunte in VALHALLA se geskiedenis — toe ons op Kwêla verskyn het.

Dit bly vir ons ongelooflik om te sien hoe ver die journey gekom het sedert daardie dag, en hoeveel mense deel geword het van die VALHALLA familie.

Aan elke persoon wat al bestel het, ’n post gedeel het, ons naam genoem het, of net die handelsmerk ondersteun het — dankie. Julle maak hierdie droom moontlik.

Legendes ondersteun legendes. 🍻

https://youtu.be/PGzfodKbKoE?si=NWNQhoBtaqu7TNA6

Ontmoet die dokter wat geskiedkundige Afrikaanse figure in styl-ikone verander met sy skerp T-h**p-idees.---Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel...

Petrus Lafras Uys (Piet Uys) - Dirkie se pa - was ’n formidabele figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wie se lewe ...
12/05/2026

Petrus Lafras Uys (Piet Uys) - Dirkie se pa - was ’n formidabele figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wie se lewe onlosmaaklik aan sy uitsonderlike vaardigheid met perde verbind was.

As ’n leier tydens die Groot Trek het hy nie net op perde staatgemaak vir mobiliteit nie, maar hy was bekend vir sy diepgaande kennis van perdeteling en -afrigting. Hy word groot in Uitenhage en het selfs in perderesies deelgeneem teen Britse Offisiere.

Sy perde was geteel vir uithouvermoë en spoed, noodsaaklik vir die strawwe terrein van die binneland. Uys se nalatenskap lê in die ontwikkeling van die geharde "Boerperd"-tipe, vanuit die Kaapse perd, wat ’n deurslaggewende rol in die grenslewe en vroeë Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis gespeel het. So uit die perd se bek…

Wat van ‘n ontwerp?

🌊 Valhalla Span vaar bietjie uit… ⚓Liewe Valhalla familie,Soos ou seevaarders wat nuwe horisonne gaan verken, gaan die V...
30/04/2026

🌊 Valhalla Span vaar bietjie uit… ⚓

Liewe Valhalla familie,

Soos ou seevaarders wat nuwe horisonne gaan verken, gaan die Valhalla span vir ’n kort rukkie weg wees om ’n spesiale tyd te geniet.

Ons sal vanaf **1 Mei tot 10 Mei** op vakansie wees 🌿

📦 Alle bestellings wat in hierdie tydperk geplaas word, sal ná 10 Mei weer verwerk en uitgestuur word.

Dankie vir julle geduld en ondersteuning – ons waardeer dit opreg!

Met waardering,
Valhalla Span

29-04-1902: ’n Skietstilstand tussen Boer- en Britse magte word by Okiep gereël sodat ’n rugbywedstryd tussen die twee k...
29/04/2026

29-04-1902: ’n Skietstilstand tussen Boer- en Britse magte word by Okiep gereël sodat ’n rugbywedstryd tussen die twee kante kan plaasvind.

“DIE DAG TOE OORLOG MOES STOP VIR RUGBY”
Alhoewel sommige bronne beweer dat die wedstryd nooit plaasgevind het nie, bestaan daar ook vertellings dat dit wél gespeel is. In ’n toespraak deur Jannie Geldenhuys (voormalige Hoof van die SAW) in 2009, vertel hy van ’n besoek aan die seun van Manie Maritz, wat bevestig het dat sy pa self betrokke was by die reëlings.

Volgens dié weergawe het Genl. Maritz met sy Britse eweknie ooreengekom op ’n tyd en plek vir die wedstryd, met ’n skietstilstand van 12:00 tot sonsondergang om dit moontlik te maak.

Ten spyte van die algemene opvatting dat die wedstryd slegs beplan is, het Maritz se seun glo bevestig dat dit wel plaasgevind het. Ongelukkig is daar geen rekord van die eindtelling nie—net dat almal die spel terdeë geniet het.

Dit was slegs ’n maand voor die einde van die Tweede Anglo-Boereoorlog, in ’n afgeleë deel van wat vandag die Noord-Kaap is. ’n Mens kan jou voorstel dat manne aan albei kante moeg was vir die swaarkry van oorlog—en dat so ’n oomblik van sport en kameraadskap werklik die moraal kon lig.

Vasbyt - moenie dat die kort week jou kortwiek nie! Maak soos Oom Paul - vat vas! 💪🏻
28/04/2026

Vasbyt - moenie dat die kort week jou kortwiek nie! Maak soos Oom Paul - vat vas! 💪🏻

Met die positiewe interaksie met die onlangse “Dynamite Jack” Hindon plasing - wat van ‘n h**p?————————20-04-1874: John ...
27/04/2026

Met die positiewe interaksie met die onlangse “Dynamite Jack” Hindon plasing - wat van ‘n h**p?

————————

20-04-1874: John Oliver Hindon word gebore

John Oliver (“Jack”) Hindon, ZAR-burger en kaptein tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog, word gebore in Stirling, Skotland.

“Die plofbare Skotse Boertjie”

Tydens die Tweede Vryheidstryd het menigte buitelanders hul aan die kant van die Boere geskaar – van Skandinawiërs tot Nederlanders, Iere en selfs Russe.

Een so ’n vegter was “Jack” Hindon, ’n Skot wat op 14-jarige ouderdom (1884) by die Britse weermag aangesluit het en na Zululand gestuur is as tromspeler. Hy het egter gedros en later in die ZAR sy heil gaan soek.

Op 21-jarige ouderdom het hy bygedra tot die stuiting van die Jameson Raid in Johannesburg – ’n opstand wat as voorloper tot die Tweede Anglo-Boereoorlog beskou word, asook die Tweede Matabele-oorlog in Rhodesië. Weens sy dapper optrede is hy dadelik as volle burger van die Zuid-Afrikaansche Republiek ingesweer, met dieselfde regte as gebore Transvalers.

Hy het ’n groot rol gespeel tydens die Slag van Tabanyama (vier dae voor die Slag van Spioenkop). Tydens dié geveg het hy saam met twee ander krygers – Albert de Roos en Henri Slegtkamp – na ’n koppie aan die flank van die Britse mag gesluip. Hulle het so hewig losgebrand dat die Britte ged**k het hulle word deur ’n groot Boeremag omsingel, terwyl dit in werklikheid net drie manne was.

Hulle het boonop die Transvaalse vlag op die koppie gehys om nog meer verwarring te saai.

“Dynamite Jack” het later in 1900 aangesluit by die Theron se Verkennerskorps. Ná die dood van Danie Theron het Hindon as rapportryer gedien vir Christiaan de Wet en Louis Botha.

Hy het later bevel oorgeneem oor ’n kommando van 50 man en tot die rang van kaptein gevorder. Sy kommando het ’n groot doring in die vlees van die Britte geword, aangesien hulle gefokus het op die ontwrigting van verbindingslinies en die ontsporing van Britse treine – een so ’n trein het selfs Lord Kitchener as passasier gehad.

Die Jack Hindon-medalje is tussen 1970 en 1975 toegeken vir “buitengewoon ywerige en uitstaande diens”.

’n Straat in Pretoria is ook na “Dynamite Jack” vernoem.

Address

Cape Town

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Valhalla. Leef Legendaries. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Valhalla. Leef Legendaries.:

Share

Category