19/04/2026
Dune se CMT en alterasies is nou beskikbaar in Vredendal!
Ons het laasweek met produksie afgeskop en is reeds aan die werk, maar ons het steeds kapasiteit vir ekstra bestellings.
Ons bied professionele CMT-dienste (Cut, Make, Trim) sowel as hoëgehalte alterasies vir ’n verskeidenheid kledingstukke.
Ons werkswinkel is toegerus met betroubare industriële masjiene wat presisie, spoed en ’n netjiese afwerking verseker. Of jy nou ’n klein reeks, groot produksie of spesifieke aanpassings benodig, ons span is gereed om te help.
Kontak ons gerus om jou projek te bespreek.