06/03/2026
Daar is nagte wanneer jou siel voel soos ’n huis waarvan al die ligte afgeskakel is.
Stil. Leeg. Wat weerklink met die voetstappe van vrae wat jy nooit bedoel het om te vra nie.
Nagte wanneer jou geloof minder soos ’n vlam voel en meer soos rook wat krul uit ’n kerspit wat amper uitgedoof is.
Nagte wanneer jy nie na God toe kom as ’n vegter of ’n aanbidder nie, maar as ’n swerwer met stof aan jou voete en twyfel in jou hande.
Niemand sê vir jou dat van jou eerlikste oomblikke met God juis in hierdie onverligte kamers gebeur nie.
Die plekke waar jou hart te moeg is om op te staan, te seer is om voor te gee en te menslik is om te presteer.
Die plekke waar jou gebede klink soos gebreekte takke wat onder die gewig van die winter seisoen kraak.
Die plekke waar jy fluister:
“God… ek weet nie hoe om nou met U te praat nie,” en die hemel vooroor buig asof daardie fluister ’n loflied is.
Ons vergeet dat Dawid se gebede nie eers voorbereide, ritmiese psalms was nie.
Dit was aardbewings.
Dit was storms wat oopgebars het binne-in ’n man wat geweier het om vir die God wat reeds die waarheid ken, te lieg.
Hy het nie vir God ’n ruiker goed-gedissiplineerde emosies gebring nie. Hy het die hele woud gebring.
Die wilde rou dele.
Die deurmekaar woede.
Die gehuil van iemand wat verlate voel.
“My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Psalm 22:1).
Dit was nie ’n mislukking van geloof nie.
Dit was geloof met sy vel oopgeskeur.
God was en is nogsteeds die Een wat sonder vrees in die wildernis van jou eerlikheid instap.
Hy is die God wat langs jou in die puin sit en dit gemeenskap noem.
Die God wat jou verstrooide stukke bymekaarmaak soos ’n pottebakker wat skerwe optel om met die herskepping te begin.
Hy soek nie die weergawe van jou wat blink nie. Hy soek die weergawe van jou wat waarheid bloei.
Want geloof is nie ’n vertoning nie.
Dit is ’n pelgrimstog.
Dit is die moed om na God toe te stap selfs wanneer jou voete sleep.
Dit is die vermetelheid om vir Hom die plekke te wys waar jou hoop inmekaar getuimel het.
Dit is die heilige rebellie om te weier om jou menslikheid weg te steek vir die Een wat dit gevorm het.
Eerlikheid met God is nie die afwesigheid van geloof nie. Dit is die altaar waar geloof weer gebore word.
Dit is die oomblik wanneer jy jou bewende hart op die tafel neersit en sê,
“Dit is al wat ek oorhet,” en God antwoord,
“Goed. Ek kan daarmee werk.”
Want Hy is die God wat jou in die donker ontmoet voordat jy die lig vind.
Die God wat die gebed hoor wat jy nooit uitspreek nie.
Die God wat jou rouheid heilig noem.
Die God wat, jy wat selfs gebroke opdaag, aanbidding noem.
"Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd."
~ Psalm 73 v 26
In die plek waar jy d**k jy uitmekaar uitval.
Bou God iets wat nie weer so maklik sal breek nie.
©️2026 Pragtige JY - Is Genoeg
Kopieëreg ~ Juanita Grobler