The Loots Leap

The Loots Leap "In geloof het ons gespring. Deur geloof het ons aangekom. God het voorsien."

Ons is die Loots-gesin – 'n Suid-Afrikaanse gesin van vyf wat 'n groot sprong van geloof geneem het en God vertrou het om vir ons 'n nuwe lewe in Amerika te maak.

07/09/2026

I want to give a huge shout-out to my top Stars senders. Thank you for all the support!

Gabriella Bezuidenhout, Maria Elizabeth Baytopp

07/09/2026

☕🍿 Hello, Popcorn Brigade!

Vandag wil ek net vir 'n oomblik stil raak en dankie sê. ❤️

Dankie aan elke persoon wat reeds my boek gekoop het.

Dankie aan elke persoon wat dit gelees het.

Dankie aan elke persoon wat vir my 'n boodskap gestuur het, terugvoer gegee het, gehuil het saam met my storie of net gesê het:

"Ek kon nie ophou lees nie."

Julle het geen idee hoeveel dit vir my beteken nie.

Hierdie boek is nie net woorde op papier nie.

Dit is my hart.

My storie.

My pyn.

My oorwinnings.

My geloof.

My reis.

Daar was tye wat ek nie seker was of ek ooit die moed sou hê om my storie met die wêreld te deel nie.

Maar vandag weet ek dit was die regte besluit.

Want elke keer wanneer iemand sê:

"Ek kon met jou identifiseer."

of

"Jou storie het my hoop gegee."

dan besef ek weer hoekom ek dit geskryf het. ❤️

Vir my is die mooiste deel nie eers die verkope nie.

Dis die feit dat my storie mense raak.

Dat dit mense laat voel hulle is nie alleen nie.

Dat iets wat ek deurgemaak het, dalk iemand anders kan help om aan te hou.

So uit die diepte van my hart...

Dankie.

Dankie vir elke aankoop.

Dankie vir elke boodskap.

Dankie vir elke stukkie ondersteuning.

Julle help nie net om 'n boek te verkoop nie...

Julle help om 'n droom waar te maak. ❤️📚

📖 As jy graag my boek wil lees, stuur gerus vir my 'n WhatsApp, SMS of e-pos.

Die boek is beskikbaar vir:

🇿🇦 R150
🇺🇸 $10

Ek stuur dit direk aan jou in PDF-formaat.

Dankie dat julle saam met ons hierdie reis stap, Popcorn Brigade. 🍿❤️

📚❤️🍿🙏

07/09/2026

☕🍿 Hello, Popcorn Brigade!

So gister het ek nie gepost nie.

Nie omdat daar niks gebeur het nie.

Maar omdat my persoonlike depressiesessie nog aan die gang was. ❤️

Julle...

My hart was die laaste twee dae stukkend.

Ek d**k die eerste maand in Amerika is so opwindend.

Alles is nuut.

Alles is vreemd.

Jy is besig van vroeg tot laat.

Daar is afsprake.

Papierwerk.

Skole.

Lisensies.

Banke.

Winkels.

Verkenning.

Jy kry nie eers tyd om asem te haal nie.

Jy kry beslis nie tyd om stil te sit en te d**k nie.

Maar dan kom maand twee.

En met 'n moerse harde besef tref dit jou...

"Oh vok... ons is rêrig in Amerika."

Nie op vakansie nie.

Nie vir 'n paar weke nie.

Ons woon hier.

Ons is 18 000 km van ons geliefdes af.

Ek kan nie Vrydagmiddag besluit:

"Kom ons ry Ermelo toe vir die naweek."

Ek kan nie sommer Saterdagmiddag by my susters en boeta inval vir 'n braai nie.

Ek kan nie my mamma gaan druk as ek haar mis nie.

Ek kan nie gou gaan koffie drink by familie nie.

Daai deel tref jou soos 'n trein.

Want immigrasie gaan nie net oor die goed wat jy kry nie.

Dis ook oor die goed wat jy moes los.

Hier sit ons nou in 'n ander land.

'n Land waarvoor ons ongelooflik dankbaar is.

Maar steeds 'n ander land.

'n Land waar mense ons aksent hoor en raai:

"Russian?"

"German?"

"Italian?"

En jy staan daar en d**k:

"Nee my chom, ek kom van Ermelo." 🤣

'n Land waar daar nie 'n Checkers op die hoek is nie.

Waar jy nie sommer gou chutney mayonnaise, rib en Jimmy-sous 60/60 kan koop nie.

Waar 'n braai nie outomaties beteken daar gaan KWV en Coke wees nie.

Waar niemand verstaan hoekom jy sê:

"Ja nee..."

en eintlik bedoel jy tien verskillende goed terselfdertyd. 😂

So gister het ek gehuil.

Ek het gehuil oor alles wat ons moes agterlaat.

Oor die mense.

Oor die plekke.

Oor die lewe wat ons geken het.

En ek d**k die doodskoot was toe my DP my bel vir maandeinde.

Daai een oproep het my sommer teruggeskop werk toe.

Terug na die kantoor.

Terug na die chaos.

Terug na die lewe wat vir so lank my normaal was.

En vir 'n oomblik het ek alles gemis.

Alles.

Maar nadat die trane klaar gehuil was...

En nadat die arme Alwyn weer sy volle salaris as ter**eut verdien het... 🤣❤️

het ek iets besef.

Mens kan twee dinge op dieselfde tyd voel.

Jy kan ongelooflik dankbaar wees...

en ongelooflik hartseer wees.

Jy kan lief wees vir jou nuwe lewe...

en steeds verlang na jou ou een.

Jy kan die regte besluit gemaak het...

en steeds rou oor wat jy agtergelaat het.

So ja...

Mis ons ons mense?

Absoluut.

Mis ons Suid-Afrikaanse kultuur?

Elke dag.

Mis ek selfs 'n taxi wat voor jou indruk sonder 'n flikkerlig?

Party dae, ja. 🤣

Sal ons teruggaan?

Nee.

Is ons spyt oor die besluit?

Nie vir een sekonde nie.

Want elke keer as ek na ons kinders kyk...

Elke keer as ek sien hoe deure oopgaan...

Elke keer as ek sien hoe God voorsien...

Weet ek ons is presies waar ons moet wees.

Die verlange maak die besluit nie verkeerd nie.

Dit bewys net hoe lief ons was vir wat ons agtergelaat het. ❤️🇿🇦🇺🇸

En môre?

Môre staan ons weer op.

Môre bou ons weer.

Môre droom ons weer.

Want dis waarvoor ons gekom het.

En al mis ons huis soms verskriklik...

Begin hierdie plek stadig maar seker ook soos huis voel. ❤️

❤️🇿🇦🇺🇸🍿🙏🥹

Big shout out to my newest top fans! 💎 Michelle Botha, Lukas March Roets, Paul Coetzee, Hester Van Rensburg, Norina Rade...
06/09/2026

Big shout out to my newest top fans! 💎 Michelle Botha, Lukas March Roets, Paul Coetzee, Hester Van Rensburg, Norina Rademeyer, Annemarie Wehmeyer, Cynthia Justine Heyneke, Sandy Reeves Kolesky, Chantal En Michael Jacobs, Rina Van Staden, Inus Nel, Elize Potgieter Marx, Bianca Blignaut, Alet Jackson Calitz, Bea Schmitt

Drop a comment to welcome them to our community,

Ons het uiteindelik die sprong gewaag! ❤️The Loots Leap is nou ook op TikTok! 🎉Ons page is nog splinternuut en elke enke...
06/09/2026

Ons het uiteindelik die sprong gewaag! ❤️

The Loots Leap is nou ook op TikTok! 🎉

Ons page is nog splinternuut en elke enkele volg beteken vir ons meer as wat julle besef. Hierdie reis van Suid-Afrika na Amerika was vol uitdagings, trane, vreugde en nuwe beginne – en ons wil elke oomblik daarvan met julle deel.

As julle ons storie geniet het, of net wil saamstap op hierdie avontuur, gaan druk asseblief daardie Follow knoppie. Elke persoon wat volg help ons om ons droom verder te bou. 🙏

📱 Volg ons hier:

https://www.tiktok.com/.leap?_r=1&_t=ZP-99Vl5Vzvg6Q

Dankie aan elkeen wat al van dag een af saam met ons stap. Julle ondersteuning beteken die wêreld vir ons. ❤️🇿🇦🇺🇸

.leap 1 Followers, 0 Following, 2 Likes - Watch awesome short videos created by ★Loots Leap★

06/09/2026

☕🍿 Hello, Popcorn Brigade!

Vanaand is daar nie 'n snaakse storie nie.

Vanaand is dit net ek.

Net Elsie.

Net 'n vrou wat haar mense mis. ❤️

Julle...

Ek het vanaand gehuil.

Daai lelike huil.

Daai huil wat jou neus laat loop en jou oë laat swel.

Daai huil wat maak dat jou man net stil langs jou sit omdat daar eintlik niks is wat hy kan sê om dit beter te maak nie.

Ek mis my mamma.

Ek mis my tannie.

Ek mis my susters.

Ek mis Willem en Hester.

Ek mis my werk.

Ek mis die werkswinkel.

Ek mis die reuk van olie.

Ek mis die chaos.

Ek mis die mense.

Ek mis die lewe wat ek geken het.

En julle...

Ek mis my man.

Vir 8 jaar het ons in dieselfde gebou gewerk.

As ek hom wou sien, het ek net opgestaan en na sy kantoor geloop.

Nou werk hy lang ure.

Soms voel dit of hy weggaan voordat ek behoorlik wakker is en terugkom wanneer die dag al amper verby is.

Ek is ongelooflik trots op hom.

Maar ek mis hom.

Verskriklik.

Hier in Alexandria het ons nie 'n Afrikaanse gemeenskap nie.

Ons het nie 'n support group nie.

Ons het nie familie om die hoek nie.

Ons het nie daai mense wat sommer net kom koffie drink nie.

Ons het mekaar.

Ons vyf.

En dank die Here vir die paar ongelooflike vriende wat Hy oor ons pad gestuur het.

Want hulle het familie geword toe ons familie 18 000 kilometer ver was. ❤️

En dan is daar die goed waaroor mense nie altyd praat nie.

Dit is nie net maanskyn en rose nie dis moeilik

Ja, ons is geseënd.

Ja, ons kry hulp.

Ja, Alwyn het werk gekry.

Maar die rekeninge kom nog steeds.

Die karversekering kom.

Die telefoonrekening kom.

Die internet kom.

En mens bly mens

Die goed wat nie wag omdat jy nuut in 'n land is nie.

So jy doen somme.

Dan doen jy hulle weer.

Dan bid jy.

Dan doen jy hulle weer.

En toe besluit my gesig ook om saam met my emosioneel te raak.

Julle...

Ek het puisies.

My vok.

Ek is 37 jaar oud.

SEWE-EN-DERTIG.

Ek het ged**k ons het hierdie hoofstuk in 2006 afgesluit.

Maar nee.

Immigrasie het besluit ons gaan sommer weer puberteit probeer. 🤣

So toe huil ek oor my familie.

Toe huil ek oor my werk.

Toe huil ek oor die geld.

Toe huil ek oor die puisies.

Toe huil ek omdat ek 37 is en oor puisies huil.

Op hierdie stadium was daar geen logika meer betrokke nie. 😂

Maar tussen al die trane vanaand weet ek ook iets anders.

Ek weet die Here het ons nog nooit gelos nie.

Nie een keer nie.

Hy het vir ons 'n huis gegee.

Hy het vir Alwyn werk gegee.

Hy het vir ons vriende gegee.

Hy het vir ons hoop gegee.

En Hy het ons elke tree van die pad gedra.

So ja...

Vanaand is my hart seer.

Vanaand verlang ek.

Vanaand voel die afstand groot.

Maar môre staan ons weer op.

Want dis wat mens doen.

Jy huil.

Jy bid.

Jy vee jou gesig af.

Jy sit concealer op die puisies. 🤣

En jy probeer weer.

❤️🇺🇸🇿🇦

❤️🍿🥹🙏🇺🇸🇿🇦😂

Is jy op soek na 'n nuwe of gebruikte voertuig?Alwyn Loots is trots om deel te wees van die verkope-span by Landmark Hon...
05/09/2026

Is jy op soek na 'n nuwe of gebruikte voertuig?

Alwyn Loots is trots om deel te wees van die verkope-span by Landmark Honda in Alexandria, Virginia. Met professionele diens, eerlike advies en 'n kliëntgerigte benadering help hy jou graag om die voertuig te vind wat die beste by jou behoeftes en begroting pas.

Vir voertuigfinansiering word die volgende dokumentasie gewoonlik benodig:

✔️ Geldige bestuurslisensie
✔️ Social Security Number (SSN)
✔️ Bewys van inkomste (onlangse betaalstrokies)
✔️ Bewys van verblyfadres (huurkontrak, nutsrekening of bankstaat)
✔️ Deposito indien van toepassing
✔️ Bewys van voertuigversekering

As jy nog nie 'n krediet record het nie.. no problem.
Bring jou werks kontrak en 'n down payment van minimum $1000

Of jy nou jou eerste voertuig in die VSA koop, jou huidige voertuig wil opgradeer, of bloot meer inligting benodig, staan Alwyn gereed om jou deur die proses te begelei.

Sien asseblief sy besigheidskaart hieronder vir kontakbesonderhede.

Dankie vir julle ondersteuning, verwysings en aanbevelings.

05/09/2026

☕🍿 Hello, Popcorn Brigade! Die koffie is warm, maar vandag het ek eintlik nie nuus nie. ❤️

Vandag is sommer net een van daardie dae.

Die huis is stil.

Dis saterdag middag.

En ek mis my man.

Hy werk vandag.

Hy werk môre.

En elke tweede Sondag.

Die ure is lank.

Die dae is uitmergelend.

En ek weet hy kom party aande by die huis aan met voete wat seer is en 'n brein wat net wil afskakel.

Maar elke oggend staan hy weer op.

Elke oggend trek hy weer aan.

Elke oggend vat hy weer die pad.

Vir ons.

Vir ons gesin. ❤️

Nou kyk, ek gaan nie jok nie...

Ek hou glad nie daarvan om hom minder te sien nie.

Ek mis die koffiegeselsies.

Ek mis die grappies deur die dag.

Ek mis dit om net te weet hy is in die volgende vertrek.

Ek mis dit om saam in die selfde gebou te werk.

Maar ek verstaan ook wat hierdie opoffering beteken.

Ons is hier vir 'n beter lewe.

Vir nuwe geleenthede.

Vir ons kinders se toekoms.

Vir drome wat ons al jare lank droom.

En daardie drome kom nie verniet nie.

Dit vra harde werk.

Dit vra opoffering.

Dit vra geloof.

En soms vra dit dat die mense vir wie jy die liefste is, lang ure moet werk sodat daardie droom kan groei.

Ek kyk vandag na hierdie man en ek besef weer hoe ongelooflik geseënd ek is.

Want hierdie man is nie net my man nie.

Hy is my beste vriend.

My veilige plek.

My grootste ondersteuner.

Die een wat altyd sê:

"Ons sal 'n plan maak."

Selfs wanneer ons nie weet hoe nie.

Daar was tye in my lewe wat donker was.

Tye wat ek nie geweet het hoe ek vorentoe gaan stap nie.

En toe stuur God vir my hom.

Nie perfek nie.

Maar perfek vir my. ❤️

Hierdie man het my geleer wat liefde is.

Wat lojaliteit is.

Wat dit beteken om saam deur moeilike tye te stap.

En elke dag sien ek hoe hard hy werk om vir ons gesin 'n lewe te bou.

So vandag is daar nie 'n snaakse storie nie.

Geen Google Maps trauma nie.

Geen DMV-drama nie.

Geen pandas nie.

Net 'n vrou wat haar man mis.

En wat dankbaar is vir 'n goeie man.

'n Godgegewe man.

'n Man wat sy gesin eerste sit.

'n Man wat elke dag opdaag.

'n Man wat meer werd is as enige huis, kar of bankrekening.

❤️ My skat, dankie.

Dankie vir elke lang dag.

Dankie vir elke opoffering.

Dankie dat jy hierdie avontuur saam met ons aanpak.

Ons is lief vir jou.

En ons is ongelooflik trots op jou.

Nou kom huis toe.

Ons mis jou. 🍿❤️🇺🇸

❤️🙏🇺🇸🍿🥹

This book is more than just a story—it's my life.From a little country girl raised by her grandparents, growing up with ...
05/09/2026

This book is more than just a story—it's my life.

From a little country girl raised by her grandparents, growing up with the emptiness of a father in prison and a mother battling her own mental health struggles, to a young woman searching for where she belonged.

It is a journey through first love and heartbreak, the trauma of r**e, loss, grief, rebellion, and the battles that shaped who I became.

It tells of the devastating loss of my grandmother and the heartbreaking journey of watching my grandfather—my dad in every way that truly mattered—battle cancer. The man who raised me, protected me, and loved me unconditionally. Losing him was one of the greatest heartbreaks of my life.

It is the story of a man and a little girl who changed my life and made me believe in love again, an unexpected divorce that shattered my world, and the long road of rebuilding myself from the pieces.

But above all, it is a story of God's grace. A story of falling, fighting, healing, and finding my way back to Him when life seemed impossible.

This book is raw, honest, and deeply personal. It is a story of pain, survival, forgiveness, faith, and second chances. A reminder that even when life breaks us, God can still restore us.

If my story can help even one person feel less alone, then every page was worth writing. ❤️

Hierdie boek is meer as net ’n storie – dit is my lewe.Van ’n plattelandse dogtertjie wat deur haar ouma en oupa grootge...
05/09/2026

Hierdie boek is meer as net ’n storie – dit is my lewe.

Van ’n plattelandse dogtertjie wat deur haar ouma en oupa grootgemaak is. My oupa was nie net my oupa nie – hy was my pa in elke opsig wat saak gemaak het. Hy was die man wat my geleer het van liefde, respek en deursettingsvermoë. Saam met my ouma het hulle vir my ’n tuiste, veiligheid en onvoorwaardelike liefde gegee in ’n wêreld wat nie altyd maklik was nie.

Met die leemte van ’n pa in die tronk en ’n mamma wat haar eie stryd met geestesgesondheid moes veg, het ek vroeg geleer dat die lewe nie altyd regverdig is nie.

Dit is ’n reis deur eerste liefde en hartseer, die trauma van verkragting, verlies, rebellie en die gevegte wat my gevorm het.

Dit vertel van die verpletterende verlies van my ouma en die hartverskeurende reis om my oupa – my pa, my held en my veilige hawe – stadig aan kanker te sien verloor. Daar is geen woorde vir die pyn om afskeid te neem van iemand wat so ’n groot deel van jou hart was nie.

Dit is die verhaal van ’n man en ’n klein dogtertjie wat my lewe verander het en my weer in liefde laat glo het, van ’n egskeiding wat my wêreld laat tuimel het, en die lang pad terug na heelword.

Maar bo alles is dit ’n verhaal van God se genade. Van val en weer opstaan. Van gebrokenheid en genesing. Van verdwaal en weer my pad terug na die Here vind.

Hierdie boek is rou, eerlik en diep persoonlik. ’n Verhaal van pyn, oorlewing, geloof, hoop en tweede kanse.

As my storie net een mens kan help om weer hoop te vind, dan was elke traan, elke seer en elke woord die moeite werd. ❤️

Address

Ladysmith
22301

Telephone

+27608220114

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Loots Leap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to The Loots Leap:

Shortcuts

Share