Ingeven

Ingeven Soms praat jou siel in iets meer as woorde. Vind dit 'n lyn van vrede in iets sonder klank.

Iets wat ek Wil deel met elke vrou wat' n ritme vind in dit wat meer is as net die gewone....

'n Styl geskep in eenvoud.

I S A B E Ln Blommekind met lig in haar oë en ’n glimlag wat straal soos sagte sonskyn ná reën. 'n Skoonheid wat nie net...
27/05/2026

I S A B E L

n Blommekind met lig in haar oë en ’n glimlag wat straal soos sagte sonskyn ná reën. 'n Skoonheid wat nie net gesien word nie, maar gevoel word.

Hierdie dromerige rok was een waar elke detail sy natuurlike plek gevind het, en elke nuwe element het net nóg meer van Isabel se persoonlikheid laat deurkom. 'n Rok wat so perfek weerspieël wie sý is: sag, sprankelend en vol lewe.

Dit was heerlik om saam julle te werk!
Vir Matriekafskeidrokke kontak ons gerus:
Betty Brown | 082 550 3800
[email protected]

M I C A Y L AMicayla het met ’n idee in haar hart en ’n prentjie in haar hand by ons ingestap… en saam kon ons dit omske...
22/05/2026

M I C A Y L A

Micayla het met ’n idee in haar hart en ’n prentjie in haar hand by ons ingestap… en saam kon ons dit omskep in haar perfekte matriekafskeidrok.

Sagte pienk, gekombineer met wit — delikaat en elegant, net soos haar mooi en sagte persoonlikheid.

Micayla, jy is ’n pragtige jong dame, en dit was vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van hierdie spesiale herinnering en jou droomrok te kon maak.

Vir Matriekafskeidrokke kontak ons gerus:
Betty Brown | 082 550 3800
[email protected]

Jonelda van Heerden Photography

G E N ÉGené het absoluut gestraal in rooi. Die blink steentjie-detail op haar rok het elke beweging laat skitter, maar h...
19/05/2026

G E N É

Gené het absoluut gestraal in rooi.

Die blink steentjie-detail op haar rok het elke beweging laat skitter, maar haar sagte glimlag was die mooiste lig in die vertrek.

Dit was vir ons ’n groot voorreg om hierdie spesiale matriekafskeidrok vir haar te maak en saam met so ’n pragtige jong dame hierdie besondere pad te stap.

Gené, jy het grasie, selfvertroue en sagtheid só mooi saamgedra. Ons hoop jou aand was net so onvergeetlik soos jy gelyk het.

Vir Matriekafskeidrokke kontak ons gerus:
Betty Brown | 082 550 3800
[email protected]

Fotos: Rapha Photography by Freda

D A N E LDaar is iets besonders aan ’n meisie wat weet wie sy is en wat sy wil hê. Danel het van die begin af 'n idee ge...
13/05/2026

D A N E L

Daar is iets besonders aan ’n meisie wat weet wie sy is en wat sy wil hê.

Danel het van die begin af 'n idee gehad vir haar matriekafskeidrok en hierdie unieke rooi ontwerp is die resultaat daarvan. Van die dramatiese beweging van die rok tot die fyn detailwerk… alles weerspieël haar selfvertroue, persoonlikheid en styl.

Maar die mooiste deel van enige rok bly steeds die meisie wat dit dra. Want wanneer ’n meisie selfvertroue het, verander alles - sy straal anders, glimlag anders en lig sommer die hele vertrek op.

Danel, dankie dat ons deel kon wees van jou spesiale aand.

Vir Matriekafskeidrokke kontak ons gerus:
Betty Brown | 082 550 3800

Palindrome Pictures PTY LTD

C A R L AElke matriekafskeidrok vertel ’n storie… maar Carla s’n was iets besondersCarla het met ’n unieke idee na ons g...
11/05/2026

C A R L A

Elke matriekafskeidrok vertel ’n storie… maar Carla s’n was iets besonders

Carla het met ’n unieke idee na ons gekom — om haar spesiale herinneringe en oomblikke deur die jare deel van haar rok te maak. Deur ’n persoonlike foto-collage romp onder haar wye rok te verwerk, kon ons haar storie op ’n elegante en betekenisvolle manier uitbeeld.

Dis nie net ’n rok nie… dis ’n weerspieëling van haar persoonlikheid, herinneringe en reis tot hier.

Dankie Carla dat ons jou unieke visie ’n werklikheid kon maak.

Vir Matriekafskeidrokke kontak ons gerus:
Betty Brown | 082 550 3800

M O E D E R S D A G’n Ma is een van die mooiste geskenke wat God vir ons gee…die sagte hande wat vertroos,die stem wat m...
07/05/2026

M O E D E R S D A G

’n Ma is een van die mooiste geskenke wat
God vir ons gee…
die sagte hande wat vertroos,
die stem wat moed inpraat,
en die liefde wat ’n huis warm maak.

By Deli on Main het ons die mooiste
geskenkies om haar hierdie Moedersdag
ekstra te bederf...
maar die mooiste geskenk bly steeds
om haar geliefd, raakgesien en waardeer
te laat voel.

Breisak | R395
'Lief vir Mamma' Sakkie | R225

Bestelling via WhatsApp welkom
084 842 7553

M A T R I E K A F S K E I DJy kan jou droomrok laat maak, of een van ons pragtige rokke op die rak kom pas - Uniek. Eleg...
05/05/2026

M A T R I E K A F S K E I D

Jy kan jou droomrok laat maak, of een van ons pragtige rokke op die rak kom pas - Uniek. Elegant. Onvergeetlik.

Vir meer inligting, kontak ons gerus.

Betty Brown | 082 550 3800

23/04/2026

U I T G E P A K

Die rakke by Deli on Main is weer vol gepak.

Ontdek ons versameling runners, tafeldoeke, sakkies, lappies en selfs mans broeke in eg Suid-Afrikaanse prints.

Maak ‘n oggend daarvan: geniet ‘n heerlike ontbyt by Deli on Main, dwaal rustig deur die winkel en kom loer wat Ingeven bied.

En met Moedersdag om die draai, wag daar dalk net die perfekte ietsie vir iemand besonders.

J O U R N A L I N GSkryf jou hart oop en gee jou gedagtes ’n plek om tuis te kom.Journaling is ’n eenvoudige manier om s...
16/04/2026

J O U R N A L I N G

Skryf jou hart oop en gee jou gedagtes ’n plek om tuis te kom.
Journaling is ’n eenvoudige manier om stil te raak en jouself eerlik uit te druk...

Ons joernale en joernaalsakke is beskikbaar in verskillende ontwerpe - elk met sorg gemaak om jou elke gedagte, droom en planne vas te vang.

Beskikbaar by Deli on Main
Of bestel gerus via WhatsApp | 084 842 7553

A5 Joernaal | R395
Joernaalsak | R545
Ons koerier landwyd!

Mag die wonder van Paasfees jou hart vul met hoop en vrede.
03/04/2026

Mag die
wonder
van
Paasfees jou
hart vul
met hoop en
vrede.

Address

Upington

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 00:00

Telephone

+27848427553

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ingeven posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share