03/09/2026
Ek doen self naalwerk - ja en ek help ander naaldwerksters ook. Soos bv ek gee raad (as ek gevra word), ek maak bias binding om hulle lewe makliker te maak, omdat ek so tipe persoon is. Ek geniet dit om ander te help. As mens in hierdie bedryf is, kan mens nie altyd selfsugtig wees nie, en ek glo nie ek was in my lewe al ooit selfsugtig nie. Ek sal uit my pad stap om iemand te help, want ek weet hoe frustrerend dit is om nie iets self te kàn doeni, daarom het ek myself die afgelope 8jaar geléér. En ek leer nog elke dag! Alles te danke aan al my wonderlike kliënte wat ek oor die jare gewen het!