11/07/2023
……. Dis beslis n Puffer jacket, serp en kopband (yeah vir bad hair day solutions, in hierdie koue, is hare was nie hoog op my prioriteitslys nie) dag…..
Die serp is sysag en snoesig en in n wye verskeidenheid kleure en ontwerpe beskikbaar.
Ek dra graag eerder kopbande as mussies, dit hou jou ore en gesig warm, sonder die jeukkop gevoel van n mus. Hierdie ene is van snoesige rekbare fluweel en in navy, vuilpienk, grys, mosterd en advokado kleure beskikbaar.
Warm en gemaklik kan ook mooi wees…..