08/06/2025
Ek d**k toe God ons harte gemaak het, het Hy nogal tyd gevat.
Hy het geweet...harte is die spesiaalste.
Harte is gemaak vir liefhê, my en jou grootste opdrag op aarde.
Ek d**k nie God het ged**k dat 'n hart ooit moet onvergifnis, haat of wrokke dra nie.
Maar elke dag wil ons daai goed in ons harte gaan bêre.
Dis hopeloos te swaar.
Dis dan wanneer ons swaarkry.
Ons harte is weefsel vir weefsel fyn saamgeweef vir een taak.
Met God se Opdrag; solank dié wese lief het, vergewe en koester, sál dit goed gaan met haar.
Om ons dit te laat onthou, sit God ons harte reg in die middel van ons lyfies.
Elke hartklop herinner ons om elke dag net te probeer om liefde binne in te bêre.
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
kopiereg: Yolande Brittnell-Steyn
www.sitaandieketel.co.za
Foto: Pinterest