28/11/2023
Liewe, Styl Sirkel vriendinne!
Ons almal wil so bietjie deel wees, miskien was julle soos ek en het altyd maar so half en half ingepas, ek het my eie manier van dinge doen. Ek het gelag wanneer niemand anders sou nie en ek het nogaltyd dinge anders gesien as almal. My kinderlewe was so bietjie rof en glo my grootmens is nie veel makliker nie. My kar is altyd deurmekaar en my verloofde d**k ek is soms so bietjie mal. As jy ook so is en voel dan join ons in ons Styl Sirkel hier kan ons gesels, moun, opgewonde raak, want ons mag. Ag al is jy nie so nie, kom tog ook saam, want hier is ons een !
..voor ek vergeet, ons beplan ook om super oulike goedjies, van handsakke, fluitjies vir juffrouens tot baba sakke vir mammas te verkoop. Die beste van alles? JY kan baie van die goedjies jou eie maak en jou naam opsit ennn juffrouens, hier is julle geleenthied om die amper 40 boeke in sakkie met jou eie naam in te dra, hoe oulik!
Watch this space vroutjies!