Bee-ing Creative

Bee-ing Creative Craft Workshops/Handwerk Werkswinkels/Binneversieringsklasse

'n Pragtige tafel wat gedoen is in skakerings van p***e, pienke, koraal, olyf groen en diep bloue... Hier is 'n paar ide...
24/04/2026

'n Pragtige tafel wat gedoen is in skakerings van p***e, pienke, koraal, olyf groen en diep bloue...

Hier is 'n paar idees van kleur kombinasies, asook ornamente wat bymekaar gebruik kan word.

Ornamente en produkte beskikbaar by Nici-lene Accessories, gifts and Decor (Centurion).

Mag julle almal 'n mooi naweek hê en geniet die koue....

Liefde
Madie

VOL BESPREEK    🌸 Haas Verf Klas 🌸Datum:  19 Julie 2025 - SaterdagTyd: 9h00 tot 13h00Koste: R550 per persoon | 68 cm Hou...
30/06/2025

VOL BESPREEK

🌸 Haas Verf Klas 🌸
Datum: 19 Julie 2025 - Saterdag
Tyd: 9h00 tot 13h00

Koste: R550 per persoon | 68 cm Houthaas | Alles word voorsien

Kom verf jou haas – bont, met strepe, kolle of blomme – presies soos jou hart wil.

'n Heerlike kreatiewe klas wag op jou!
Of jy nou 'n ervare kunstenaar is of lanklaas 'n kwas vashou – hier is almal welkom. Geen talent nodig nie, net 'n oop hart en lus om te skep.

Wat is ingesluit?
🐰 68 cm houthaas
🎨 Verf, 125g airdry klei ens.
🌼 'n Voorbereide spasie om te ontspan, kuier en kreatief wees

Die plekke is beperk tot 6, en bespreking is noodsaaklik.
Kom leef jou kreatiwiteit uit en neem iets besonders huis toe – deur jóú hande gemaak!

Laat jou siel blom in kleur. 💛
Bespreek nou – jy verdien hierdie kreatiewe uitlaatklep

VOL BESPREEKTekkie-Verf KlasDatum: 17 Julie 2025 - DonderdagTyd: 9h30 tot 13h00Plek: Nici-lene Accessories Bylsbridge Pr...
28/06/2025

VOL BESPREEK

Tekkie-Verf Klas

Datum: 17 Julie 2025 - Donderdag
Tyd: 9h30 tot 13h00
Plek: Nici-lene Accessories
Bylsbridge Promenade
Highveld
Centurion

Skep. Verf. Dra met trots.

Kom leef jou kreatiwiteit uit deur jou eie unieke paar tekkies te verf! Hierdie klas is ontwerp vir elkeen – of jy nou gereeld ‘n kwas vashou of nie eens ‘n reguit lyn kan trek nie.

Ek sal jou stap vir stap begelei – van die eerste skets tot die finale seëlwerk. Jy sal leer van verskillende verftegnieke, hoe om belyning te doen en hoe om jou ontwerp duursaam te maak.

Moenie bekommerd wees as jy nie self ‘n ontwerp in gedagte het nie – jy is welkom om vooraf met my te gesels, en saam kies ons ‘n eenvoudige tema. Ek sal dan ‘n ontwerp voorstel wat jy met gemak sal kan uitvoer.

Wat is ingesluit?
Al die materiaal wat tydens die klas gebruik word, is ingesluit.

R430 – Ek voorsien ‘n paar Tomy-tekkies vir jou om op te werk.
(Daar is ook beperkte sizes in ander soorte tekkies beskikbaar)

Laat jou skoene jou storie vertel. Kom geniet ‘n kreatiewe en ontspanne sessie waar jy iets uniek en persoonlik skep – met liefde, kleur en karakter.

🌸 Haas Verf Klas 🌸Datum: 17 Julie 2025 -SaterdagTyd: 9h00 tot 13h00Plek: Nici-lené Accessories,  Gifts and Decor Bylsbri...
28/06/2025

🌸 Haas Verf Klas 🌸
Datum: 17 Julie 2025 -Saterdag
Tyd: 9h00 tot 13h00
Plek: Nici-lené Accessories, Gifts and Decor
Bylsbridge Promenade, Centurion

Koste: R550 per persoon | 68 cm Houthaas | Alles word voorsien

Kom verf jou haas – bont, met dik, vet strepe, kolletjies of huisies – presies soos jou hart wil.

'n Heerlike kreatiewe klas wag op jou!
Of jy nou 'n ervare kunstenaar is of lanklaas 'n kwas vashou – hier is almal welkom. Geen talent nodig nie, net 'n oop hart en lus om te skep.

Wat is ingesluit?
🐰 68 cm houthaas
🎨 Verf, 125g airdry klei ens.
🌼 'n Voorbereide spasie om te ontspan, kuier en kreatief wees

Die plekke is beperk tot 6, en bespreking is noodsaaklik.
Kom leef jou kreatiwiteit uit en neem iets besonders huis toe – deur jóú hande gemaak!

Laat jou siel blom in kleur. 💛
Bespreek nou – jy verdien hierdie kreatiewe uitlaatklep

Liefde
Madie

BINNEVERSIERING KLASSE EN VERSKILLENDE CRAFT WERKWINKELSWhatsapp Madie by 079 850 8001 met enige navraeEk glo elkeen van...
22/06/2025

BINNEVERSIERING KLASSE EN VERSKILLENDE CRAFT WERKWINKELS

Whatsapp Madie by 079 850 8001 met enige navrae

Ek glo elkeen van julle weet alreeds wie ek is, maar ingeval iemand nog nie weet nie, gaan ek my gou voorstel aan julle almal... my naam is Madeleine (Madie) en ek is die moederhen van Nici (Nici-Lene Accessories, Gifts and Decor).

Een van my lekkerste tydverdrywe op 16 was om my kamer se meubels te skuif en mooi te maak... nou dat ek daaraan d**k, my ma hoef nooit met my te baklei het om my kamer aan die kant te maak nie. Sy was 'n voorslag vrou op haar dae en ek glo dit is waar my voorliefde vir binneversiering vasgelê was.

Ekself was nog nooit 'n "craft workshop" mens nie. Ek het my algemene kennis opgedoen deur my ornamente te omskep in nuwe stukke wanneer ek my huis mooi gemaak het. Ek het besef dat "keycoat" 'n wonderlike middel is en vir meer as net teëlwerk handig is. So het die verwer wat polifilla met verf meng om dit sterker te maak, my ook 'n nuwe idee gegee. My koperlamp het n nuwe sement "look" gekry en na 10 jaar nog nie lelik geraak nie.

Ek het vroeër jare in Upington baie muur verftegnieke gedoen. Deesdae het ek die mure verruil vir meubels.

Ek sien baie uit na hierdie nuwe uitdaging. My hartswens is dat ek 'n werkswinkel sal kan aanbied waar almal tuis en gemaklik sal voel. Ek gaan net 6 persone per klas inneem, sodat ek genoeg tyd sal kan hê om mense wat nie so kunstig en kreatief is nie, by te staan.

Indien jy van nog vriendinne weet wat sal belangstel, stuur asb hul naam en selnommers sodat ek hul by die groep kan voeg.

Ons gaan heerlik speel, maar ek glo ook nuwe vriendinne leer ken en saam groei.

Geniet julle dag,
Madie.

Hierdie vrolike haas bestelling is oppad Verdenburg toe! 😊Liefde,Madie
29/10/2024

Hierdie vrolike haas bestelling is oppad Verdenburg toe! 😊

Liefde,
Madie

Dankie vir jou ondersteuning Marianne, ek hoop jy geniet hulle baie...Liefde Madie
02/10/2024

Dankie vir jou ondersteuning Marianne, ek hoop jy geniet hulle baie...

Liefde
Madie

01/09/2024

Dis heerlike lente

Digter & Kinderboek Skrywer

Waar woorde in my kop blom en deur my vingers uitloop.

'n Vrolike naweek vir julle almal...LiefdeMadie
24/08/2024

'n Vrolike naweek vir julle almal...

Liefde
Madie

Unieke handgeverfde kuns op              tekkies / sneakers / skoene🔴Tekkies word geseel en is wasbaar.🔵Ek verf op beste...
17/08/2024

Unieke handgeverfde kuns op
tekkies / sneakers / skoene

🔴Tekkies word geseel en is wasbaar.
🔵Ek verf op bestelling,
met enige iets van jou keuse daarop...
maw jou eie idee (tema) en kleurskakerings wat jy verkies.
⚫Ek is geleë in RandparkRidge, Randburg
maar koerier ook landswyd. Jy kan ook jou eie koerier reël om op te laai.
🔴Pryse (sluit die tekkies en verf daarvan in)
Tomy R520
Image R450
Diksool R595

Kontak my gerus op
WHATSAPP
079 850 8001

Liefde
Madie

Address

105 Bloukransroad Byls Bridge Promenade Highveld
Randburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bee-ing Creative posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bee-ing Creative:

Share