Y2dsign

Y2dsign Fashion designer with 30 years experience: •Matric Farewell Dresses •Bridal Dresses •Special Events

30/08/2026

When the arrival for the bridesmaids’ fittings starts like this, you know you’re in for a treat! 🤍

A bunch of lovely, energetic bridesmaids, all excited to be part of this special journey with the bride, Anri.

They surprised Riëtte with the most beautiful bunch of flowers 💐❤️ and, as you can see, it was a very emotional moment.

Riëtte had the privilege of designing and creating all 15 bridal party outfits for her oldest son’s wedding, which took place on 8 August 2026.

Here’s a little behind-the-scenes glimpse into what it was like bringing the entire bridal party’s looks together. 🪡🤍

25/08/2026

Baie spesiale voering vir baie spesiale mense.🤍

Riëtte het die mooiste idee gehad vir haar oudste seun en skoondogter se troue: sy het spesiale boodskappe van familie en vriende ingesamel en dit op die voering van hulle troupak en trourok laat druk.

So kon hulle op hul spesiale dag die kosbare woorde van die mense wat vir hulle lief is, letterlik saam met hulle dra. ’n Klein detail met soveel betekenis.

Carin-Marie van you_niek het die boodskappe verwerk, uitgelê en op die materiaal gedruk.

20/08/2026

Dis nogal ’n storie om 15 uitrustings bymekaar te sit sodat dit as één geheel mooi saamvloei, amper soos ’n skildery vir die troue.🎨

Elke persoon se smaak en voorkeure moet in ag geneem word, maar terselfdertyd moet elke materiaal kleur ook binne die groter prentjie van die troue pas.

En dan praat ons van materiale wat oor ’n tydperk van meer as ’n jaar, by verskillende winkels, een vir een bymekaar gemaak is. Dit was beslis nie ’n vinnige proses nie!

Maar uiteindelik was dit ’n ongelooflike lekker ervaring en die hele proses was iets wat Riëtte saam met haar skoondogter, Anri, baie geniet het. 🤍

15 uitrustings. Een troue. Een prentjie. En baie liefde in elke detail. ✨

Elegance Fabrics
L a F A B R I C A
Studio 47 Cape Gate
Anri Barnard

17/08/2026

Ons het vir Riëtte gevra: “Watter projek sien jy die meeste na uit?” 👀✨

Haar antwoord was maklik: haar kinders wat trou! 🤍💍

Haar oudste seun se troue het op 8 Augustus 2026 plaasgevind, en nou kan julle saam met haar die hele proses beleef 👗✨

Volg saam terwyl Riëtte alles met ons deel! 🥂🤍

14/08/2026

Almal wil sien hoe Riëtte lyk in haar “Mother of the Groom” rok, wat sy vir haarself gemaak het.🤍 Dit was vir Riëtte die moeilikste rok om te maak, want dis maklik vir haar om vir almal anders rokke te maak behalwe vir haarself!🪡

Almal se reaksie sê eintlik alles!🔥 Hier is ’n klein “behind-the-scenes” oomblik van hoe al die dames behoorlik mal gaan oor haar in die rok✨

En luister mooi… daardie geklets van ’n klomp vroue in die studio? Dít is presies hoe dit hoort te wees. ’n Plek waar jy jouself kan wees, veilig voel, lekker kan gesels, lag en die proses geniet. 🤍

Want agter elke rok is daar nie net materiaal en detail nie, maar ook ’n hele klomp liefde, stories en mooi oomblikke. ✂️✨

12/08/2026

Dis nou Riëtte se b***t om die storie agter haar “Mother of the groom” rok te deel. Riëtte se oudste seun het op 8 Augustus 2026 getrou met die liefde van sy lewe 💍

Nou kan ons uiteindelik die stories agter hierdie ongelooflike troue met julle begin deel! 🤍

Van al die uitrustings wat sy vir hierdie spesiale troue gemaak het, was daar een wat vir haar besonder uitdagend was: haar eie rok.

Riëtte het al deur die jare soveel pragtige rokke vir ander gemaak, maar om ’n rok vir haarself te ontwerp en te maak, was ’n heel ander storie! Sy sê dit was eerlikwaar die moeilikste rok wat sy nog ooit gemaak het.

Wanneer jy gewoond is daaraan om ander mense se drome te skep, is dit nie altyd so maklik om jou eie droomrok te ontwerp nie.❤️

Naels: Coco Glam | Durbanville Nails

11/08/2026

Julle almal het gevra om die bruidegom se baadjie te sien… en hier is dit nou! 🤵🏻‍♂️🤍

Vir hierdie spesiale troue het Riëtte ongeveer 15 uitrustings gemaak, maar een van die heel spesiaalstes was natuurlik haar oudste seun se troupak.🥹

Sy deel graag die storie agter die pak… Want Riëtte is iemand wat haar gevoelens nog altyd op haar mou dra. En hierdie keer het sy dit letterlik gedoen. Sy het ’n spesiale boodskap vir haar seun geskryf en dit in die voering van sy mou laat sit

Want tussen al die pragtige besonderhede van die troue, is dit die klein goedjies vol liefde wat ’n kledingstuk in ’n lewenslange herinnering verander. 🤍

09/08/2026

Riëtte het die absolute voorreg gehad om haar aanstaande skoondogter se trourok te kon maak! 🤍✨

Die troue was gister, 8 Augustus 2026, en ons kan uiteindelik al die spesiale stories agter hierdie ongelooflike rok begin deel! 👰🏼‍♀️💍

Die materiaal vir die rok is reeds 3 jaar gelede gekoop en vandag is dit soveel meer as net ’n pragtige stuk materiaal. 🥹

Om die rok nóg meer persoonlik en betekenisvol te maak, is die voering bedruk met spesiale boodskappe van almal wat haar liefhet - familie, vriendinne en geliefdes. 💌 Elke keer wanneer sy die rok dra, dra sy dus ook ’n klein stukkie van die mense naaste aan haar saam.

’n Rok vol liefde, herinneringe en betekenis… en vir Riëtte, ’n trourok wat vir altyd ’n baie spesiale plek in haar hart sal hê. 🤍
Anri Engelbrecht

Beautiful Esmari in her y2dsign MD dress💕Planning your Matric Dance for 2027? Book your custom dress design with Riëtte ...
03/08/2026

Beautiful Esmari in her y2dsign MD dress💕

Planning your Matric Dance for 2027? Book your custom dress design with Riëtte and let’s create something unforgettable.

Riëtte 083 525 4040 or [email protected]

📍Our studio is situated at 43 Protea Way, Durbanville, Cape Town (strictly by appointment, no walk-ins)

02/08/2026

Hoe kies ek ‘n finale rokstyl as ek verskillende inspirasiefoto’s het?

Address

43 Protea Way
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 07:00 - 19:00
Tuesday 07:00 - 19:00
Wednesday 07:00 - 19:00
Thursday 07:00 - 19:00
Friday 07:00 - 19:15
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 12:00

Telephone

+27835254040

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Y2dsign posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Y2dsign:

Shortcuts

Share