22/08/2026
’n Onvergeetlike Groenwilgers High Tea 🫖
Ons het heerlik saam gekuier by die NHK Suid-Oos Witbank, waar ’n stylvolle High Tea vir ons Groenwilgers moontlik gemaak is deur die personeel van die kerk se tweedehandse winkel, Closet Treasures.
Die oggend was gevul met warmte, lag en vrolikheid, asook eetgoed uit die boonste rakke, saam met tee, koffie en sap. Daar was vir elke gas iets besonders om te geniet.
Die tafel was stylvol gedek met vars blomme en ’n heerlike verskeidenheid eetgoed, wat met groot sorg deur The Butterfly Box bedien is. Baie dankie aan Andries en sy vriendelike span vir julle uitstekende diens en moeite 💐
’n Spesiale dankie aan Petro Woolridge vir die heerlike cupcakes wat die oggend nóg soeter gemaak het.
Ons oggend het op ’n gepaste en besondere wyse begin met Ds. Retha Losper, wat ons met ’n skriflesing en gebed gelei het. Baie dankie, Ds. Retha, vir die mooi boodskap en seën oor ons byeenkoms.
Ons gasspreker, Heike Hartzenberg, omroeper van Radio Kragbron Amptelik, het ons op ’n interessante en insiggewende manier bewus gemaak van die gevaartekens van swendelary en KI. Haar gesprek het ons nie net ingelig nie, maar ook belangrike sake onder ons aandag gebring 📱
’n Groot dankie aan Silvia en Annelise van Closet Treasures, wat die gaste deurlopend met soveel liefde en sorg bedien het.
En laaste, maar beslis nie die minste nie, baie dankie aan al ons wonderlike gaste! Julle het pragtig uitgevat in jul stylvolle uitrustings en die oggend met julle vrolikheid, lag en goeie gees opgevrolik. Dit was heerlik om te sien dat daar steeds soveel vreugde is en dat almal nog ’n huppel in die stap het!
Die personeel van Closet Treasures wil elkeen wat op enige manier deel was van hierdie besonderse oggend, uit die diepte van ons harte bedank. Sonder julle ondersteuning, hulp en bydraes sou hierdie suksesvolle kuieroggend nie moontlik gewees het nie.
Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om in die toekoms weer só saam te kuier, te lag en kosbare herinneringe te maak.
Met baie liefde en waardering
Silvia en Annelise
Closet Treasures