Ukuthanda Leatherworx

Ukuthanda Leatherworx Crafting timeless leather goods with love πŸ’• UKUTHANDA Leatherworx - TO LOVE. Full grain Bovine leather & all-natural products.

Simple, minimalistic and practical designs for farmers & urban dwellers alike. Handbags, vellies, sandals, laptop bags & more.

12/06/2026
12/06/2026

Hallo julle,

So, ons is in Durban by die Comrades Expo by die Expedition Center. Dis baie besig hierso! Dis 'n vreeslike gevoel, 'n vreeslike lawaai en miernes, maar dit is fantasties. Die gees is elektries!

Hier is die sak, en ek het gesΓͺ daar is Vrydag 'n verrassing, so hier kom dit...

Ek gaan 'n sak weggee! 'n Sportsak, nie noodwendig 'n Comrades-sak nie. Jy hoef nie Comrades gehardloop het om een te kry nie.

Ons gaan 'n sportsak weggee van jou keuse. Al wat jy moet doen, is jy moet hierdie video share, jy moet al jou vriende en al jou familie tag, en dan moet jy dit share en like en follow die page.

En hier is die catch: Jy moet comment met die jaartal waarin ek my Back-to-Back-medalje gehardloop het. Ek het dit genoem in die vorige video.....πŸ˜†

Dan gaan ons almal se name in 'n boks gooi, soos ons met die vorige kompetisie gedoen het, en ek gaan iemand trek wat 'n sak gaan wen in die kleur van jou keuse.

Jy hoef nie Comrades te gehardloop het nie. Enige een van ons followers, enige iemand wat getag is en reg geantwoord het met die comment van my back-to-back jaartal, kan so 'n sportsak in die kleur van sy wen.

⚠️ BELANGRIKE BOODSKAP! ⚠️

Moenie vergeet nie – dit is baie belangrik dat jy die jaartal van my Back-to-Back-medalje moet noem en dit ook in die comments moet skryf!

βœ… Share die video
βœ… Tag jou vriende en familie
βœ… Comment die jaartal van my Back-to-Back-medalje

As jy nie die jaartal comment nie, sal jou inskrywing nie geldig wees nie.

Sterkte aan almal! πŸ€πŸŽ‰πŸƒβ€β™‚οΈπŸŽ’

10/06/2026

πŸƒβ€β™‚οΈπŸŽ–οΈ Die finale produk is hier! πŸŽ–οΈπŸƒβ€β™‚οΈ

Ons is trots om ons Comrades-sak aan julle bekend te stel! πŸ–€

Hierdie spesiale sak is ontwerp vir Comrades-atlete, maar die moontlikhede is eindeloos.

Ons kan die sak vir jou persoonlik maak met jou:

βœ… Naam
βœ… Wedloopnommer
βœ… Klublogo
βœ… Besigheid se logo
βœ… Skoolwapen
βœ… Sportspan se embleem

Of dit nou 'n Comrades-sak, skoolsportsak, werksak of persoonlike reistassie is – ons maak dit volgens jou behoeftes.

Hierdie ruim, gemaklike en stylvolle sak is gebou om saam met jou te gaan, of jy nou op die pad, by die werk of op die sportveld is.

πŸƒβ€β™€οΈ Ons gaan Comrades 2026 toe! πŸƒβ€β™‚οΈ

πŸ‘€ Hou ons blad dop, want Vrydag onthul ons nΓ³g 'n opwindende Comrades-verrassing!

πŸ–€πŸ‘€ Iets spesiaals is besig om vorm aan te neem...Ons trek nou al sΓ³ ver met hierdie projek, en ons kan nie wag om die ei...
10/06/2026

πŸ–€πŸ‘€ Iets spesiaals is besig om vorm aan te neem...

Ons trek nou al sΓ³ ver met hierdie projek, en ons kan nie wag om die eindresultaat met julle te deel nie! πŸ”₯

'n Paar leidrade: πŸƒβ€β™‚οΈ 'n Groot wedloop... πŸŽ–οΈ 'n Groot prestasie... πŸ‘œ Iets uniek en persoonlik gemaak...

Wat d**k julle is aan die kom? πŸ€”

Los julle raaiskote hieronder! πŸ‘‡

04/06/2026

πŸ“’ Groot Marico Safari Expo – 6 Junie 2026 πŸ“’

Hierdie Saterdag, 6 Junie 2026, vind die Groot Marico Safari Expo plaas op die Hervormde Kerk se terrein, reg langs die N4 net buite Groot Marico.

Waarom vertel ons julle hiervan? Omdat hierdie pragtige Ukuthanda Leatherworx-koelsak op die veiling aangebied gaan word ten bate van die CVO-skool, wat ook op die kerkterrein geleΓ« is.

🀎 Wat maak hierdie koelsak so spesiaal?
Dit is 'n handgemaakte volgrein-leer koelsak met 'n polistireen-koelhouer aan die binnekant. Dit beteken jy kan ys, koeldrank en ander koue produkte daarin bΓͺre sonder dat die water van smeltende ys die leer beskadig.

Jy kry dus die luukse van volgrein leer Γ©n die praktiese voordeel van 'n koelsak.
πŸ•› Die veiling vind gewoonlik rondom 12:00 plaas.

Maak seker jy is daar, ondersteun die CVO-skool, en bie saam op hierdie unieke Ukuthanda Leatherworx-koelsak.

Met die finale bod kan hierdie besonderse koelsak joune wees!

πŸ“ Groot Marico Safari Expo πŸ“… Saterdag, 6 Junie 2026 πŸ“Œ Langs die N4, net buite Groot Marico

Ons sien julle daar! πŸ€ πŸ§‘πŸ‘œ

πŸ‘€ Iets NUUT is oppad by Ukuthanda Leatherworx... πŸ‘€Kan julle raai wat ons besig is om te maak? πŸ€”Die leidrade is alles in ...
01/06/2026

πŸ‘€ Iets NUUT is oppad by Ukuthanda Leatherworx... πŸ‘€

Kan julle raai wat ons besig is om te maak? πŸ€”

Die leidrade is alles in die foto... πŸ“βœ‚οΈπŸ§΅

Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe toevoeging, maar ons gaan nog nie alles verklap nie! 😁

πŸ‘‡ Los jou raaiskoot in die kommentaar en vertel ons wat jy d**k oppad is.

🎁 Die persoon wie se antwoord die naaste aan die regte antwoord is, wen ’n klein verrassing van Ukuthanda Leatherworx!

Kom ons kyk wie se speurvernuf die beste is! πŸ•΅οΈβ€β™‚οΈπŸ•΅οΈβ€β™€οΈ

β€œβ€™n Oupa se hande dra stories, wysheid en liefde… en klein voetjies volg altyd met groot bewondering. ❀️Oupa Frits en Mi...
27/05/2026

β€œβ€™n Oupa se hande dra stories, wysheid en liefde… en klein voetjies volg altyd met groot bewondering. ❀️
Oupa Frits en Mielie wat saam kom loer by die Ukuthanda Leatherworx fabriek β€” drie generasies, twee harte, een kosbare herinnering.”

15/05/2026

πŸŽ‰ Die wagtyd is verby! πŸŽ‰

Ons het nou amptelik die trekking vir Sanna se groot verjaarsdag bederf gedoen en die 6 gelukkige wenners is gekies! πŸ₯³πŸŽ

Die wenners is as volg:
Travelbag: Angelique Pavier Pheiffer
Rugsak: Janine Smit Mostert
Koelsak: Joanne Steyn
Hartjie sak: Villiers Francois
Zipper Pouch: MadrΓ© Nel
All Rounder: LikhΓ’ Traders At Grove

Baie geluk met julle verjaarsdag bederf! πŸŽ‰πŸŽ
Stuur asseblief vir ons ’n WhatsApp met jou inligting sodat ons jou geskenk kan reΓ«l en jy die verjaarsdag bederf kan ontvang. 🀍✨
WhatsApp ons nou:
πŸ“± 083 522 9962

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het, die blad gelike het, gedeel het en mense getag het. Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons. 🀍

Hou die blad dop… vir nog stunning luukse produkte wat kom in die toekoms en ander verrassings! πŸ‘€βœ¨

πŸŽ‰ MORE IS DIE GROOT TREKKING! πŸŽ‰Die wagtyd is amper verby… mΓ΄re trek ons die gelukkige wenners van ons ongelooflike Ukuth...
14/05/2026

πŸŽ‰ MORE IS DIE GROOT TREKKING! πŸŽ‰
Die wagtyd is amper verby… mΓ΄re trek ons die gelukkige wenners van ons ongelooflike Ukuthanda Verjaarsdag Bederf Weggee! πŸ–€βœ¨

Daar is LUUKSE pryse op die spel, so moenie jou finale kans misloop om te wen nie!

Om in aanmerking te kom moet jy:

βœ”οΈ Die Ukuthanda blad LIKE en FOLLOW
βœ”οΈ SHARE die video post.
βœ”οΈ Iemand TAG in die kommentaar
βœ”οΈ En β€œDONE” kommentaar op hierdie post

⚠️ Belangrik: Ons gaan seker maak dat alle stappe voltooi is voordat die wenners getrek word β€” ons sal verifieer of jy:

β€’ die Ukuthanda Leatherworx blad gelike en gefollow het
β€’ die post geshare het
β€’ en iemand getag het

As jy nog nie ingeskryf het nie, is NOU jou kans! 🀩

Gaan LIKE & FOLLOW die Ukuthanda blad, voltooi al die stappe en comment DONE βœ”οΈ op hierdie post vir jou finale kans om een van hierdie pragtige luukse geskenke te wen! 🎁✨

Address

Skuinsdrift
Groot-Marico

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ukuthanda Leatherworx posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ukuthanda Leatherworx:

Share