BABY BANK

BABY BANK We Reach Out to the Mothers and Children in Need, through a Caring heart, Helping hand for IT IS TIME for it NEEDS ONE TO REACH ONE!

🥳 Moeders Maand Uitreiking 🙋‍♀️ MAMMA's los gerus ń Comment 🤗 Watse Eer was dit om hande vol Gelukkige Moeders die Maand...
01/06/2026

🥳 Moeders Maand Uitreiking 🙋‍♀️
MAMMA's los gerus ń Comment 🤗

Watse Eer was dit om hande vol Gelukkige Moeders die Maand van Mei te kon seën met ń Moedersdag Geskenkie 💝
👶 BABY BANK🧸
Het die geleentheid gevat om Moeders te wys hoe spesiaal hulle is.
Hulle het met ons gedeel hoe hulle hartjies aangeraak was met
👶BABY BANK🧸se Projekte ❤️

indien jy ń Donasie 💰 🤑 💸 wil skenk vir die 👶BABY BANK🧸 Projekte, so kan julle bydra help om nog Mammas seën, hulle het al die Ongee en Ondersteuning nodig❤️ 💙

Kontak gerus:
WhatsApp
Anthea Sutherland
076 684 1296

18/05/2026

Place your ORDER NOW while Stock Last‼️

Place your ORDER NOW while Stock Last‼️
18/05/2026

Place your ORDER NOW while Stock Last‼️

📖Bible Mark Study Stickers🔖
Available!
*English / Afrikaans*

Convert Your👩🏻‍🏫
📖Bible into a 📖Study Bible
Mark Your Bible & Leaen More❣️

{60 Topics to Study through Scripture to Strengthen you with the Word of God}

~A Wonderful Guide to getting to know your Bible, and find the Wisdom that will Move You.
~Easy enough that Teens can enjoy it too.
📖3Tim 3:16,17

👀 Seek and you shall find great Truths in the Bible as a Treasure Box

If you are interested:
its @ R100 without postage

Contact via WhatsApp :*
Lifestyle BOOKS SA
Anthea Sutherland
076 684 1296

Follow/Like/Share✅
HOW IT WORKS👇🏻
_Click on the Link_ :
https://youtu.be/-7Hez7ZeG4Y?si=Y7eucUKgpUnsltcs

Is nou siek met erg Asma, Longe Pyn 🫁 Middeloor ontsteking 👂 🙉 en Maaggriep...vomiting 🤮Maar ek gaan my Moeders Omgee Sa...
11/05/2026

Is nou siek met erg Asma, Longe Pyn 🫁 Middeloor ontsteking 👂 🙉 en Maaggriep...vomiting 🤮
Maar ek gaan my Moeders Omgee Sakkies klaar maak 🙏 ❤️‍🔥
Bid saam my asb🙇🏻‍♀️🛐

10/05/2026

Beloftes van God vir Vrouens/Moeders
Deel 10
SKILD VAN ONTFERMING

Aangebied deur
📚Lifestyle BOOKS SA
Anthea Sutherland

✅Support/Follow/Share
Facebook
👶BABY BANK🧸
https://www.facebook.com/share/v/1Bivi47gfV/

10/05/2026

Beloftes van God vir Vrouens/Moeders
Deel 10
SKILD VAN ONTFERMING

Aangebied deur
📚Lifestyle BOOKS SA
Anthea Sutherland

✅Support/Follow/Share
Facebook
👶BABY BANK🧸
https://www.facebook.com/share/v/1Bivi47gfV/

GELUKKIGE MOEDERSTot Nagedagtenis van my Moeder (RIP -3Nov 2023)Boodskap: Waardeer jou moeder elke dagVroue is genadegaw...
09/05/2026

GELUKKIGE MOEDERS

Tot Nagedagtenis van my Moeder (RIP -3Nov 2023)

Boodskap: Waardeer jou moeder elke dag
Vroue is genadegawes wat God aan ons gegee het en dis iets wat ons moet besef en waardeer.
Kuier16 May 2018 Deur eerw. pedro oktober

Ons vier Moedersdag op die 10 Mei. Dis ’n dag waarop kinders hardop op hul eie manier sê: Dankie, Mammie, ek waardeer jou en ek ag jou waarde onbeskryflik hoog. Maar d**k jy regtig dat ons ma’s na waarde skat? So een maal per jaar bederf ons haar met geskenke en etes en maak moeite om huis toe te gaan. Behoort elke dag nie Moedersdag te wees nie?

Ons het verskillende maatstawwe waarvolgens die waarde van ’n ma bepaal en aangelê word. Sommige heg waarde aan dinge soos rykdom, geleerdheid, skoonheid en besittings.

Maar as ons werklik oor die waarde van ’n ma nad**k, sal ons baie gou besef dat God ’n ma met groot sorg gemaak het. Vroue en veral ma’s is hoegenaamd nie minder werd as enige man nie, inteendeel, hulle is genadegawes wat God self aan ons gee. Hulle is ’n aanwins vir enige kind en as vrou vir hul mans. Hulle is kosbaar en waardevol in God se oë. Hulle is ’n verlengstuk van God se omgee vir ons.

Jesaja 66:13 verklaar:“Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”en Psalm 131:2:“Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.”

Die verklaring oor die waarde van ń ma word opgeteken in Spreuke 31:29: “Sy was die knapste van alle vroue . . .”Sy ma was glad nie een of ander superwoman, engel of hemelwese nie, maar as hy al haar hoedanighede en eienskappe as ma beskryf en besing, dan kom hy uiteindelik uit by haar ware getuigskrif. In vers 30 vertel hy al hierdie wonderlike eienskappe van sy ma is goed en wel, maar dit is nie die belangrikste waardebesef of waardemaatstaf nie.

Die belangrikste oorweging van ’n ma se waarde setel in die feit dat sy die Here dien. Dit is waaraan die waarde van ’n ma of enige vrou behoort gemeet te word. Kinders met hierdie getuigskrif – my ma dien die Here. Manne met hierdie getuigskrif – my vrou dien die Here.”Spreuke sê die waarde van sy ma lê nie in uiterlike dinge soos ’n mooi voorkoms nie, want dit verander met die jare, maar in ’n onberispelike edel karakter, Christelike voorbeeldige lewe, as getuienis van iemand wat God ken, dien en dit in ’n nuwe lewenswyse uitleef.

Regdeur die Bybel lees ons aspekte waaraan die waarde van ’n vrou of ma bepaal en gemeet word en daaruit kan ons op Moedersdag baie lesse leer. Lukas 1:38:“Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat U gesê het.”Maria, Jesus se moeder, illustreer in hierdie vers die volmaakte ontplooiing van ’n ma se inherente vermoë tot oorgawe en diensbaarheid aan God. Matthéüs 15:28 praat van ’n ma se innige geloof en vaste vertroue in God.“Mevrou, jou geloof is groot, jou wens sal vervul word.”In Romeine 16 is diensbaarheid die een kenmerk wat telkemale weer genoem word oor ma’s en vroue. In Martha, kom die werksywer, diensmaagd sterk na vore dat dit amper haar geestelike ontwikkeling gestrem het; Maria het by die voete van die Here Jesus gesit, met haar oor so naby die mond van God om Sy woorde in te neem.

Die Bybel vertel van baie vroue en moeders wat groot offers gebring het vir die diens van die Here. Johanna en Susanna wat met hul besittings gedien het, in Lukas 8:3; die arm weduwee van Markus 12:44, wat haar hele lewensonderhoud gegee het vir die diens van die Here; Maria, die vrou met die kosbare en duursame nardussalf wat Jesus se voete gewas het en met haar hare afgedroog het; die vroue wat by die kruisdood Sy liggaam met duur speserye wou salf en voorberei het vir die graf om daarmee hul laaste liefdesoffer te bring.

Hierdie vroue het soveel waarde toegevoeg tot baie mense se lewens. Hulle is die toonbeeld van geestelike oorgawe, toewyding, innerlike geloof, diensbaarheid, offervaardigheid en onverskrokkenheid.

Vroue was die eerste getuies van Jesus Christus se opstanding; hulle was daar om te aanskou, die graf is leeg, die steen is weggerol. Vroue word die eerste verkondigers van die boodskap van hoop en lewe van destyds.

Ma’s is die bereidwilligste instrumente van God. Dis by hulle waar ons ons eerste stories van Jesus hoor, hulle maak alles beter as ons hartseer is en dis hulle wat enigiets vir ons sal doen al is hulle hoe uitgeput.

So wat is my ma vir my werd? Sy mag nie net op een dag spesiaal wees nie, elke dag behoort spesiaal te wees. Ons besef dat ons nooit die waarde van ’n ma na waarde sal kan skat nie, maar ons hoop en bid dat die Here ons sal leer om hul liefde, trou en onbaatsugtigheid waardig te wees.

Die belangrikste oorwegingvan’n ma se waarde setel in die feit dat sy die Here dien en lief het.



゚viralシfypシ゚viralシalシ

09/05/2026

Beloftes van God vir Vrouens/Moeders
Deel 9
ARMS VOL SEËNINGE

Aangebied deur
📚Lifestyle BOOKS SA
Anthea Sutherland

✅Support/Follow/Share
Facebook
👶BABY BANK🧸
https://www.facebook.com/share/v/1Cf8Q2t9Tt/

Address

Hoedspruit

Opening Hours

Monday 06:00 - 03:00
Tuesday 06:00 - 03:00
Wednesday 06:00 - 03:00
Thursday 06:00 - 03:00
Friday 06:00 - 15:00
Sunday 06:00 - 03:00

Telephone

+27766841296

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BABY BANK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to BABY BANK:

Share