Bella Blom - Naaldwerkster

Bella Blom - Naaldwerkster ✦🧵Fyn Naaldwerk met Sorg en Styl 🪡✦

By Bella Blom glo ons in kwaliteit, detail en tydlose vakmanskap. Elke stuk word met liefde en presisie gemaak en herstel.

09/09/2026
My jongste vra al heel winter om met die lap vir haar n rokkie te maak. Sy is heel in haar noppies met haar draai rokkie...
09/09/2026

My jongste vra al heel winter om met die lap vir haar n rokkie te maak. Sy is heel in haar noppies met haar draai rokkie en pof moue, soos sy dit noem! 😁

So tussen al die hope herstelwerk is ek ook fluks besig met my nuwe reeks “Krimpvarkie” wat ons gaan vrystel by Orania K...
27/08/2026

So tussen al die hope herstelwerk is ek ook fluks besig met my nuwe reeks “Krimpvarkie” wat ons gaan vrystel by Orania Karnaval die jaar.

‘n Voorsmakie van wat ons mee besig is 😃

Ek is besig om aan iets nuuts te werk wat ek Oktober daar buite wil sit. Dis al ‘n droom en idee vanaf 2021 en uiteindel...
24/08/2026

Ek is besig om aan iets nuuts te werk wat ek Oktober daar buite wil sit. Dis al ‘n droom en idee vanaf 2021 en uiteindelik nou skouer aan die wiel gesit om dit te bewaarheid 😃. Volg asb die skakel om binnekort ons eerste lusmakertjies te sien 🧡.



https://www.facebook.com/share/1ERpTHUmCi/?mibextid=wwXIfr

Plaaslik vervaardig in Orania.
Gehalte klere - gebou vir die bos, die plaas, die werksplek en alles tussenin.

Vandag was weer herstel dag. Die Hollandse poppie het weer n nuwe gesiggie en die pragtige doop toppie kan weer gedra wo...
21/08/2026

Vandag was weer herstel dag. Die Hollandse poppie het weer n nuwe gesiggie en die pragtige doop toppie kan weer gedra word.

Plasings gebeur maar min, ek is vuur en vlam besig om voor te berei met ons Karnaval produkte 😁. Maar ek het vandag so b...
21/08/2026

Plasings gebeur maar min, ek is vuur en vlam besig om voor te berei met ons Karnaval produkte 😁. Maar ek het vandag so bietjie afgevat om saam die kinders naaldwerk te doen. Hulle het mieliepit hoenders gemaak en baie trots op hulle hoendertjies 🥰

Na ‘n week van swoeg, sweet en baie frustrasies, is ons darem klaar. Die deurtjies werk baie lekker en lyk ook mooi!
25/07/2026

Na ‘n week van swoeg, sweet en baie frustrasies, is ons darem klaar. Die deurtjies werk baie lekker en lyk ook mooi!

Ek vorder darem! Besig met die vensters. As als goed gaan kry die kliënt môre sy karretjie met deurtjies terug!
24/07/2026

Ek vorder darem! Besig met die vensters. As als goed gaan kry die kliënt môre sy karretjie met deurtjies terug!

So dis waarmee ek besig is. Soos almal weet is elektriese karretjies redelik groot in Orania. ‘n Oom en goeie vriende va...
22/07/2026

So dis waarmee ek besig is. Soos almal weet is elektriese karretjies redelik groot in Orania. ‘n Oom en goeie vriende van ons het gevra of ek en my man vir hom seil deurtjies kan bewerkstellig vir sy nuwe wiele.

Kom ons hoop dit wat in my kop is werk uit 🫣. Darem is my man baie tegniese en slim, so dit help 😂.

En hulle is klaar! Kyk net hoe mooi het dit uitgekom!* Dankie AI vir my modelle 🤭
20/07/2026

En hulle is klaar! Kyk net hoe mooi het dit uitgekom!

* Dankie AI vir my modelle 🤭

Address

Orania
8752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bella Blom - Naaldwerkster posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bella Blom - Naaldwerkster:

Shortcuts

Share