Roelien de Klerk Juwele

Roelien de Klerk Juwele Juweliersware/Ontwerp en maak van Unieke Juwele Smede in Silwer en Goud

Die 'Vintage Diana'     Barok-krulle en filigree is my absolute gunstelinge om mee te werk. Vir hierdie ontwerp het ons ...
12/09/2026

Die 'Vintage Diana'
Barok-krulle en filigree is my absolute gunstelinge om mee te werk. Vir hierdie ontwerp het ons die ikoniese Diana-halo gekombineer met ons gewilde vintage-styl.Die resultaat? ’n Pragtige, 19mm breë ring met ’n luukse, soliede gevoel wat getuig van ware gehalte.
Maak dit jou eie: Kies jou eie unieke kleurskema vir die halo en pas dit met ’n pragtige 9x7mm ovaal middelsteen. Die ring is gebore is om ’n erfstuk te word.

https://roeliendeklerk.co.za/product/vintage-diana/

Party kies oorbelle wat die uitrusting pas...ek kies uitrustings wat by my oorbelle pas. Ek hou van kleur, vorms en inte...
08/09/2026

Party kies oorbelle wat die uitrusting pas...ek kies uitrustings wat by my oorbelle pas. Ek hou van kleur, vorms en interessante ontwerpe. Hierdie paar is een van my gunstelinge. Daar is soveel potensiaal in die kleur-keuse wat jy self kan kies.
Die besonderhede :
Silwer
Helder stene van 5 mm elk - kies jou eie kombinasie•
Perfekte grootte: 20 mm x 17mm (hakies uitgesluit)
Kleurvol, uniek en gereed om jou styl te transformeer.
Bestel joune vandag en kies jou gunsteling kleurkombinasie deur op die skakel te klik: https://roeliendeklerk.co.za/product/the-triad-earrings/

Baie geluk aan SJ & Paige met julle verlowing! ❤️  Daar is min dinge so spesiaal soos die beplanning aan die perfekte ri...
07/09/2026

Baie geluk aan SJ & Paige met julle verlowing! ❤️
Daar is min dinge so spesiaal soos die beplanning aan die perfekte ring.
Dit was ’n groot voorreg om nou saam met SJ te werk om te verseker dat Paige se ring niks minder as perfek is nie.

Eenmalig!Hierdie eksklusiewe ring is 'n ware meesterstuk! Die middelpunt is 'n groot Marquise Aquamaryn (18x8mm), bekend...
04/09/2026

Eenmalig!
Hierdie eksklusiewe ring is 'n ware meesterstuk! Die middelpunt is 'n groot Marquise Aquamaryn (18x8mm), bekend vir sy kristalhelder, waterige kleur en uitstekende duursaamheid. Wat hierdie spesifieke steen besonders maak, is 'n natuurlike 'gletser' (geboortemerkie) wat daaraan 'n bruisende, lewenige karakter gee.
Die ring is pragtig afgerond met twee halfmaan-Peridot stene op die punte.
Let wel: Daar is net een van hierdie spesifieke Aquamaryn stene beskikbaar – as hy weg is, is hy weg!
(Ametis- en Rhodeliet-kombinasies is beskikbaar op aanvraag Prys R 3100).
As jy die spesiale juweelstuk wil bekom, w-app na 083683307

Druppel uit die fontein uit.  Geïnspireer deur die mooi van 'n fontein. Hierdie spoggerige ring eien ’n manjifieke 15x10...
03/09/2026

Druppel uit die fontein uit.
Geïnspireer deur die mooi van 'n fontein. Hierdie spoggerige ring eien ’n manjifieke 15x10 mm druppel wat gevorm is uit die fyn, glinstrenderende sproei van 'n fontein te sien op die kantwerk. Die kante bruis met die opwinding en energie van vloeiende water. Kies jou perfekte skakering uit die eksklusiewe kleure in ons aanlynwinkel

https://roeliendeklerk.co.za/product/fountain-drop-ring/

Op soek na daardie een perfekte hangertjie wat by ÁLLES pas? Ontmoet jou nuwe gunsteling: ons klassieke pêrel-hangertjie...
02/09/2026

Op soek na daardie een perfekte hangertjie wat by ÁLLES pas? Ontmoet jou nuwe gunsteling: ons klassieke pêrel-hangertjie.
Met 'n egte organiese wit varswater-pêreltjie, aan 'n delikate silwer boks-ketting, bring hierdie hangertjie die perfekte balans van minimalistiese styl en pure sofistikasie.
Dra dit bedags kantoor toe of saans vir 'n spesiale geleentheid.
🛍️ Tik op die skakel hieronder om joune vandag nog te bestel! (beperkte voorraad) (40cm -43cm lank)
👉 https://roeliendeklerk.co.za/product/classic-pearl-pendant/

Ons vier Lentedag!                                                                                                      ...
01/09/2026

Ons vier Lentedag! Die bye fluister sag in bloeiselbare
’n vroeë gons wat deur die blare weef;
die Lente dans in ryk, pienk verhale,
waar ons liefde vir ewig leef. (Silwer blom-hanger met vrolike silwer en emalje bytjie oorbelletjies)

https://roeliendeklerk.co.za/product/the-bloom-pendant/

'n Stukkie wildernis aan jou vinger 🌿Soms gebeur dit dat een spesifieke steen jou vasvang. Hierdie was daardie steen vir...
29/08/2026

'n Stukkie wildernis aan jou vinger 🌿
Soms gebeur dit dat een spesifieke steen jou vasvang. Hierdie was daardie steen vir my. (Chrysocolla Malachite)
Tussen my hele versameling het die mos-groen kleure en lewendige natuurlike vlekke my blywend gefassineer. As jy na die steen kyk, sien jy mos, blare, woude en diep watervalle. Die handgemaakte silwer blare aan die kant komplimenteer hierdie aardse idee perfek.
Ek is amper te suinig om hierdie steen uit my persoonlike versameling te laat gaan..Ek het net een so n steen, dus is hierdie aanbod is absoluut eenmalig. R1300 koerier ingesluit

LianaGeïnspireer deur die sagte, vloeiende ranke wat deur woude klim. 🌿Die Liana-ring bring kalmte en natuurlike skoonhe...
28/08/2026

Liana
Geïnspireer deur die sagte, vloeiende ranke wat deur woude klim. 🌿
Die Liana-ring bring kalmte en natuurlike skoonheid saam. Kies jou ses gunstelingstene en skep ’n unieke kombinasie wat die ring nét joune maak.

https://roeliendeklerk.co.za/product/liana/

Die Harlekyn - Ring      Wat begin het as die gelapte flenters van 'n arm karakter, het uiteindelik ontwikkel in een van...
27/08/2026

Die Harlekyn - Ring

Wat begin het as die gelapte flenters van 'n arm karakter, het uiteindelik ontwikkel in een van die mees herkenbare, simmetriese ontwerpe in die kuns- en modewêreld.
Hierdie ring het drie ruitvormige stene (5mm elk) wat herinner aan die geometriese patrone van 'n harlekyn. Dit is ’n dapper ontwerp wat pure vreugde inhou.

Kies jou vrolikste kleure vir die ring:
https://roeliendeklerk.co.za/product/the-harlequine-ring/

(Hierdie ring het egte Rhodeliet geset in silwer R2980 .)

Address

Saffierstraat Winkel Nr 3, Stokkiesdraaipark
Orania
8752

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 10:00 - 13:30

Telephone

+27836833070

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Roelien de Klerk Juwele posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share