05/07/2024
Een van ons land se bekendste ontwerpers maak hom eersdaags tuis in Oudtshoorn!
Thomas Thomson neem in September die perseel van wyle Christiaan Ras oor en bring sy kundigheid uit die stad.
Thomson is bekend daarvoor om met glanspersoonlikhede soos Lizz Meiring, Amor, Nianell, mej SA's en vele meer te werk. Die publiek sal hom onthou as die ontwerper van al die trourokke op VILLAROSA en hy was ook die beoordelaar op die Kyknet -matriekafskeidrok reeks.
Ons as personeel van Christiaan sien baie uit om met hom te werk en ons hoop die mense sal hom netso ondersteun soos hulle met Christiaan gedoen het.
Maak gerus nou jou afspraak met hom deur 0734698337 te skakel.
Sien ook sy fb Thomson of
webwerf : www.thomasthomson.co.za