27/01/2025
Jana Rok:
Toe Jana my kontak oor haar trourok, wou ek uit my vel uit spring van opgewondenheid! Ek het haar matriekafskeid rok ‘n paar jaar terug ontwerp en gemaak, en ek kon nie wag om deel te wees van hierdie spesiale tyd in haar lewe nie.
Ons het besluit op ‘n af-skouer lyn wat haar skouerlyn mooi beklemtoon het. Die sagte, vloeibare romp het haar soos ‘n prinses laat lyk.
Ons het die rok afgerond deur twee verskillende kante te kombineer, en onder het ek ‘n ligte lagie van effens blink materiaal geplaas om diepte te skep en die rok net daardie ekstra "touch" te gee.
Jana, ek is eintlik hartseer dit is verby, dit was so ‘n groot voorreg om weer deel te wees van so ‘n spesiale tyd in jou lewe. Dankie dat jy my vertrou het om jou trourok te ontwerp en maak. Ek bid God se goedheid en guns oor jou toekoms saam met jou splinternuwe man!
Fotograaf: Stefan Coetzee Photography
Hare: Briony
Rok en grimering: Juanri Image Consultancy & Fashion Designer
Venue: Belle Vallee