16/07/2023
N mens kan net verstom staan oor die Grootheid van die Here. Ek het gister weer besef as ek nie die Here geken het nie sou ek dit nie gemaak het nie. Gister die 15de Julie 2023. Was die algehele afsluit van n jare lange swoeg en sweet, ek het Noramie Fashions finaal gegroet. Ek het vir 2 weke elke dag gepak en na my huis gebring, en elke oggend wat ek ingestap het kon ek die leemte en verandering in my hart en die mure van Noramie sien, en in die selfde tyd het ek stukkie vir stukkie gegroet sodat gister oggend was regtig net n onpersoonlike leeê dop, toe weet ek, ek is okay ek het mooi gegroet en afskeid geneem en die jare wat ek daar spandeer het was alles goeie jare en goeie tye. En ek kan net dankie sê vir elke persoon wat my winkel binne gestap het jy het n groot bydrae gelewe. Baie baie dankie. WELMA BAM is nou die nuwe eienaar van n splinter nuwe winkel, dit is nou in die geboorte proses. Nie Meer as Noramie Fashions nie. Maar wel haar eie stempel. Ek wil al julle wonderlike dames wat hou van mooi wees, aan moedig hou dop hier kom n groot verassing vir Randfontein Welma is n mense mens, sy is "vibrant " sy is mooi, en n regte dame. Sy het die vermoë en n aansteeklike opgewonde geaardheid wat jou as klient sal op lig in jou onweers dag, sy sal sorg dat jy mooi lyk en weer lus voel om
Mooi te lyk en wees. Baie geluk Welma ek glo in jou en ek weet hier kom iets wat groot is.