02/10/2022
Dit was C Louis Leipoldt wat Oktobermaand so mooi besing het.
Dit is die maand Oktober
die mooiste mooiste maand
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo.
Hoewel die lente haar verskyning maak in September voel Oktober altyd vir my of dit nou behoorlik somer is! Daar is sommer 'n ander intesiteit in die lug. Die kleure van die weld en die plate kry 'n ander skakering! En ek :'n huppel in my stap vir die laaste drie maande van die jaar!
LAP is aanvanklik begin as 'n swart rok. En het in die jaar wat dit bestaan gegroei tot 'n wonderlike versameling van die mooiste mooi kleure.
Met die koop van die laaste rol swart materiaal het ek tyd gehad om bietjie rond te dwaal en het Ayesha by Patbro in Woodstock met 'n ondeunde glimlag vir my die nuwe reekse helder patrone gewys. En met 'n oogknip: you'll look so nice in this ' haal sy dié stuk bont materiaal uit. Die blote gedagte dat ek dalk enigsins kleur moet dra...wat nog van skreeuende bont, het my hande sommer laat sweet. MAAR. Daar was iets so mooi aan die stuk bont materiaal dat ek 'n paar meter gekoop het...net vir 'n eksperiment en om te hoor wat my LAP 'audience' d**k! Daar is ook 'n fantastiese 'animal en bont' wat ek wil probeer in bloue.
Ek het ook 'n paar versoeke geskry vir skel pienk...dankie Elmarie Van Tonder Swarts vir die inspirasie. Vanmiddag loer ek na YouTube en die modevertonings in Parys. My ou 'stomping ground' .Ek kyk na Valentino....en wat is daar: massas skel pienk. Die Valentino vertoning was vandag in Parys gehou . Hulle 'fall /winter' reeks vroeër vanjaar was omtrent net pienk! SO: ek gaan 'n skel pienk rok maak. Ek d**k dit kan beeldskoon wees as dit los gedra word..met 'n skouer wat behoorlik wys! Wat d**k julle?
Hier is Judith Masvaya in my eerste bont rok. Judie, soos ons haar noem, is Sondae saam met my in die kombuis wanneer ek 'n Langtafel het. Fantastiese jong kok....! En ongelooflike jongmens! Laat weet wat julle d**k.
Mooi week...en geniet Oktober!