18/09/2023
Dis Maandag… ek is 30 jaar oud en Sondag aande kry ek steeds so half horries oor die week en sy beplanning en goed. 😅 So as Maandag kom, dan probeer ek baie hard om dit goed te begin. Goed sosin rustig. Sterk, goeie koffie, ‘n netjiese kamer, ‘n mooi “outfit”. Vandag begin ek hom met ‘n lekker vrolike pienk rokkie, want blou ens is mooi, maar Maandae en Blou is nie so lekker kombinasie nie! So met dit ingedagte: kyk hoe mooi is ons “She’s a Classic” knopies rokkies in pienk!! Sy is vrolik, maar nie uitspattig nie. Sy is geskik vir die kantoor of ‘n koffie-date en perfek vir “mooi lyk sonder te veel moeite”. Ek d**k julle gaan haar love. Oh! En die materiaal kreukel amper niks!!!! 🤩 R680