04/09/2026
Ek wens ons kon vir mekaar leen.
Nie suiker of melk nie.
Dinge soos hoop, lag, liefde of bly-geit.
Want as my hoop vandag baie is, dan kon ek vir jou bietjie van myne leen.
Of as jou lag lank wegbly...kon jy bietjie lag gaan leen by iemand wat genoeg het.
Maar dis nou juis die goeters wat ons nie kan leen nie.
Baie lank het ek sit en wonder hoekom hoop, lag, liefde en bly-geit nie leen goed is nie.
Dit is eintlik gee goed.
Jy gee liefde.
Jy gee hoop.
Jy gee dit, sonder om ooit terug te vra.
kopiereg: Yolande Brittnell-Steyn
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za