22/08/2023
Hierdie pragtige handgemaakte oorbelle is vernoem na Jesaja 1:18, wat ons herinner dat ons elkeen uniek en spesiaal is in die oë van God.
Elke paar Jesaja 1:18 Oorbelle is wit, maar geen paar is presies dieselfde nie. Net soos sneeuvlokkies wat almal uniek is, is elke vrou uniek geskep deur God. Hierdie oorbelle verteenwoordig die unieke skoonheid en individualiteit van elke vrou. Elke paar is liefdevol vervaardig deur LAUTA Handmade met behulp van polimeerklei, ‘n duursame en veerkragtige materiaal.
Hierdie reeks oorbelle deel in Worthy Boutique se vissie & missie en dit is om elke vrou se waardigheid uit te beeld. Hierdie reeks beklemtoon jou as vrou se sagtheid, elegansie en vroulik.