22/06/2026
Maak 'n verskil met elke koppie koffie! 🐾
Die opbrengs van elke mug wat verkoop word, gaan direk na die lopende veeartsrekening van die Angel Project, wat gebruik word om mediese sorg, behandeling en noodhulp te voorsien aan die talle diere wat deur die projek gered en versorg word.
Van verlatenes en beseerdes tot noodreddings soos River – elke dier wat hulp nodig het, kry 'n kans danksy die ondersteuning van mense soos julle.
❤️ Koop 'n mug.
❤️ Ondersteun 'n goeie saak.
❤️ Help om hoop te gee aan diere wat dit die nodigste het.
Angel Project kan direk gekontak word rakende verkope!!
'n Opregte dankie aan elke persoon wat koop, deel en ondersteun. Julle help om lewens te verander – een pootjie op 'n slag. 🐾